Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Die besluit om dit PERSOONLIK te maak
WAT HET JY IN JOU HAND?
Etlike jare gelede het pastoor Brian Houston 'n uitsonderlike boodskap gepreek oor "Gebruik wat jy in jou hand het om te bepaal wat in jou hart is". Sportmense, sakemense en ander was bemoedig dat hulle liefde vir God en begeerte om Hom te dien, in hulle invloedsfeer tot werking kon kom en hulle was aangemoedig om uit te blink.
Dit was 'n boodskap wat 'n verandering in ons kerk se ingesteldheid teweeg gebring het. Baie mense was vrygemaak om sukses na te jaag op enige gebied waarin hulle talent gehad het. Hulle kon enige platform wat hulle gehad het tot eer van God gebruik!
Nou, baie jare later, het dit tweede natuur geword vir ons kerk om te besef dat ons elkeen gawes, passies en "gereedskap" in ons hande het wat ons kan gebruik om dit te bereik wat God in ons harte geplaas het.
Wat het jy in jou hand? 'n Instrument, 'n pen, 'n verfkwas, 'n rekenaar, 'n hamer, 'n tekenbord of 'n kamera? Wat het God in jou hart geplaas?
Het jy onlangs nagedink oor die verbintenis tussen jou hart en jou hand?
Hoe goed bestuur jy albei?

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home