Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Die besluit om dit PERSOONLIK te maak
'N HART VIR SY KERK
Ons by Hillsong kerk is onbeskaamd passievol oor die huis van God. Ons is oortuig dat die Bybel ons leer dat die plaaslike kerk die goeie nuus van verlossing deur Jesus moet verkondig en dat dit sy koninkryk moet vestig deur reg en geregtigheid na die aarde te bring.
Daarom is een van die uitstaande jaarlikse gebeurtenisse op ons kerkkalender ons "Hart vir die kerk" offergawe naweek. Ons bring dan dit waarop ons in gebed besluit het om persoonlik te gee (in ooreenstemming met 2 Samuel 24:24) en gee dit saam.
Aan die begin van die jaar het ons hoof pastoor, Brian Houston, aan die kerk verduidelik hoe God met hom uit Esra 9 gepraat het. Hy het ons bemoedig deur te sê dat hierdie jaar een van herbouing, herstelling, restourasie en vrylating vir ons kerk as 'n geheel en die lidmate individueel gaan wees.
As jy nog nooit deel was van die "Hart vir die kerk" offergawe nie, wil ons jou graag uitnooi om die vreugde te kom ervaar om jou deel by te dra om die huis van God te help bou. Indien jy dit al bygewoon het, bid saam met ons dat God se wil weer in al ons byeenkomste hierdie naweek sal geskied. Om betrokke te raak by wat ons as 'n kerk doen, om te help om die Naam van Jesus bekend te maak en in die praktiese behoeftes van mense in desperate omstandighede te voorsien, besoek ons webblad: http://hillsong.com/giving.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home