Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Die gesprek van GEBED
HOE OM TE BID
Mense voel dikwels oorweldig as dit by gebed kom en is nie seker wat om te sê of waarvoor om te bid nie. Daar is egter geen resep vir gebed nie. Gebed is maar net 'n gesprek met God.
Soos wat ons meer gemaklik raak, vind ons dit makliker om uit die dieptes van ons hart met God te praat. Hierdie daaglikse gesprek met God kan dikwels in beslag geneem word deur ons persoonlike wêreld, maar dit mag ook die behoeftes van ons breër wêreld aanspreek — vir genesing, redding en geregtigheid.
In die "Ons Vader" (Matteus 6) leer Jesus ons hoe om te bid en bied 'n goeie voorbeeld vir enige een wat die daaglikse gewoonte wil kweek om met God te praat. Dit begin met die ernstige versoek dat sy wil ook op die aarde sal geskied, net soos in die hemel.
Tydens hierdie tyd wanneer ons tot God bid om wonderbaarlik te werk, soos Hy in die groot herlewings van die verlede gedoen het, laat ons vasbeslote wees om Jesus se voorbeeld van gebed ons rigtingwyser te maak — laat ons gebede die hemel se prioriteite insluit en laat ons altyd aan ons Vader se wil onderdanig wees.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home