Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Die kuns om TEENWOORDIG te wees
KONSEKWENTHEID
Johannes 20:24 is 'n vers wat baie Christene al waarskynlik dikwels oorgeslaan het. Dit vertel hoe Jesus se dissipel, Tomas, nie teenwoordig was toe Jesus vir die eerste keer na sy opstanding aan sy dissipels verskyn het nie.
Later het Jesus wel aan Tomas verskyn, en vir hom die fisieke bewyse verskaf wat hy wou sien om te glo dat Jesus se opstanding eg was. Tomas reageer daarop met 'n absolute, persoonlike geloofsbelydenis.
Die Bybel sê nie vir ons hoekom Tomas nie daardie dag saam met sy vriende was nie. Ons kan maar net 'n afleiding maak gebaseer op die omstandighede en Tomas se persoonlikheid: dalk was hy baie hartseer of getraumatiseerd.
Ons kan egter met sekerheid sê dat Tomas daardie dag afwesig was by die groep mense wat vir Jesus geken en liefgehad het en dat hy as gevolg daarvan 'n geleentheid gemis het om in Jesus se teenwoordigheid te wees. Hy het 'n ander geleentheid gekry (is dit nie presies soos God is nie?) maar die eerste een was verlore en hy kon dit nie weer kry nie.
Evan Roberts, wat deel was van die groot Walliese herlewing in 1904, het na bewering Tomas se verhaal gelees toe hy 'n jong man was en het besluit dat indien daar ooit 'n moontlikheid was dat God "teenwoordig" sou wees, hy "nooit so 'n byeenkoms wou mis nie". Dit was 'n besluit wat die geskiedenis verander het en dit bly deesdae vir ons 'n groot uitdaging.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home