Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 6 VAN 40

Die gesprek van GEBED

GEBED — HERLEWING SE VENNOOT

Daar is krag in gebed.

Christine Caine, die stigter van die veldtog teen mensehandel, "A21", beskryf hoe sy vir ure gebid het terwyl die stadions vir die 2000 Olimpiese Spele in Sydney in aanbou was: "Ek het op die randjie van die diep uitgrawings gesit waar die fondasie gegooi sou word en my trane het in die sement gedrup."

Christine was toe die direkteur van "Youth Alive" in Sydney. Sy het gebid dat die heerlikheid van God openbaar gemaak sou word met die samekoms van sy mense in een plek, eendragtig, met een hart, wat sy Naam uit volle bors prys. Hierdie plek is nou "Allphones Arena", Sydney se Olimpiese Park, waar duisende mense elke jaar in die Naam van Jesus bymekaarkom, tydens Australië se grootste, jaarlikse konferensie, Hillsong Konferensie.

In 1904 het meer as 100 000 mense in minder as ses maande in Wallis tot redding gekom tydens 'n herlewing wat deur gebed, lofprysing, vreugde, oorwinning en die herontdekking van die Heilige Gees gekenmerk was. Die leier van die herlewing, Evan Roberts, was 'n man wat bekend was vir sy innige, vurige gebed, wat meer as 10 jaar lank geglo het dat hy sou sien hoe die mense van Wallis Jesus leer ken.

Terwyl ons met ons studie voortgaan, laat toe dat God ons weer bewus maak van die gesprek van gebed. Kom laat ons intree vir ons familie en vriende en glo dat die mense wat nog nie vir Christus ken nie, tot bekering sal kom, na aanleiding van die voorbeeld van die vroeë kerk en groot leiers soos Evan Roberts.

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home