Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Die gesprek van GEBED
WAARVOOR KAN ONS BID?
Dis voor die hand liggend dat dit 'n groot voorreg vir ons is om te kan bid en ons behoeftes en versoeke na 'n almagtige God te kan bring. En tog het Jesus dit wonderbaarlik vir ons moontlik gemaak om God met selfvertroue te nader en met vrymoedigheid na Hom te kom. God hoor ons wanneer ons bid en dis sy wil dat gebed ons in staat stel om Hom beter te ken en sy genade te ontvang.
Dalk het jy nie altyd met die selfvertroue gebid waarvan 1 Johannes 5:14-15 en Efesiërs 3:12 praat nie. Dink na oor hoekom dit so is en laat toe dat die waarheid van die Woord van God die ou denke wat jy oor gebed gehad het vervang.
Tydens hierdie tyd, terwyl ons God nader om 'n verandering in ons lewens en die wêreld om ons te sien gebeur, laat ons in gebed verenig vir:
1. Reddings — vir geliefdes in ons wêreld wat nog nie vir Jesus ken nie.
2. Ons stad en nasie — kom ons glo dat ons leiers en owerhede ons met God se wysheid en raad sal lei.
3. Herlewing — kom ons glo saam dat mense van God se dinge bewus sal word en dat Hy kragtig regoor die aarde sal beweeg.

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home