Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Die kuns om TEENWOORDIG te wees
TEENWOORDIG IN DIE GEMEENSKAP
Vanaf die vroegste tye van die kerk, was God teenwoordig wanneer gelowiges bymekaargekom het. In Handelinge 2, toe die vroeë gelowiges bymekaar was, het die Heilige Gees soos die wind gekom, die plek gevul en dié wat daar was in tale laat praat.
Die vroeë kerk het gesmag na God en gemeenskap. Hulle het elke dag bymekaargekom en ruimte geskep vir die mense wat God by hulle gemeenskap gevoeg het. Hulle het agtergekom dat dit wat Jesus met sy dissipels gedeel het, waar was; dat waar twee of drie in sy Naam saamkom, Hy daar teenwoordig is (Matteus 18).
Wanneer enige unieke individu ten volle in 'n gemeenskap teenwoordig is, word daardie gemeenskap vanselfsprekend versterk. Wanneer ons egter ons plek in die gemeenskap van gelowiges inneem, word die gemeenskap ook nog bonatuurlik versterk deur God se teenwoordigheid — en veral wanneer ons geloof het vir God se teenwoordigheid.
Dalk was dit 'n geruime tyd gelede toe jy jou plek in die gemeenskap van gelowiges ingeneem het. Of dalk was jy fisiek teenwoordig maar sonder die geloof vir God se teenwoordigheid. Laat hierdie oomblik nou vir jou 'n keerpunt wees. Besluit dat mense jou hierdie naweek teenwoordig en vol geloof in die gemeenskap van God sal vind.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home