Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 5 VAN 40

Die kuns om TEENWOORDIG te wees

TEENWOORDIG IN DIE KERK

Die plaaslike kerk is 'n plek waar God se majesteit vertoon word en sy doel vervul word. Daarom moet ons almal waaksaam wees betreffende ons teenwoordigheid en betrokkenheid in die kerk.

Behalwe dit is daar ook iets asemrowend omtrent God se verenigde wêreldwye kerk. Net soos 'n teenwoordige, individuele gelowige 'n plaaslike kerk versterk, versterk 'n teenwoordige, plaaslike kerk, wat sy unieke roeping vervul, die verenigde, wêreldwye kerk.

Wanneer ons aan herlewing dink — en vir God dankie sê vir wat reeds gebeur het en Hom vertrou vir nog meer — konsentreer ons dikwels op die plaaslike invloed van ons kerk, families, vriende en bure. Dit behoort so te wees, want God het hulle aan ons toevertrou.

Wanneer ons egter ons fokus verskuif en ook raaksien wat God besig is om wêreldwyd te doen en in staat is om te doen, kan ons ten volle teenwoordig wees in die wêreldwye kerk.

Skryf neer wat jy sien wat God besig is om te doen en wat jy graag wil sien wat Hy in jou lewe by die huis, jou plaaslike kerk en in die groter kerk doen.

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home