Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 4 VAN 40

Die kuns om TEENWOORDIG te wees

TEENWOORDIG IN JOU PLEK

Die liggaam! Is dit nie 'n mooi beeld wat Paulus gebruik toe hy jare gelede aan die kerk in Korinte geskryf het nie? Dit dra die boodskap mooi oor — ons het elkeen 'n unieke, Godgegewe doel en 'n rol om te speel in die "liggaam" van sy gemeenskap. Dit laat jou wonder watter liggaamsdeel jy is, nie waar nie?

Paulus beskryf hoe belaglik dit sou wees indien een liggaamsdeel sou besluit dat dit die rol van 'n ander deel wil vervul. Hy skryf ook hoe die hele liggaam daaronder ly wanneer al die "dele" nie teenwoordig is nie. Die kerk funksioneer ten beste wanneer al die dele van sy "liggaam" teenwoordig is en iets doen.

Een van die beste dinge van om jou plek in die gemeenskap van God se mense in te neem, is die ontdekkingsreis om jou unieke doel te vind. Om verenig te wees deur 'n saak wat baie groter as onsself is — die saak van Christus — bied vir ons 'n geleentheid om dit wat God vir ons gegee het, tot sy eer te gebruik en om 'n seën vir ander te wees.

Ruim vandag tyd in om jou gawes en passies neer te skryf. Praat met God oor hoe jy hulle kan ontwikkel en gebruik om ander te seën en sy koninkryk uit te brei. Vra Hom om jou te help om die regte "plek" in sy gemeenskap te kry, sodat jy nie net teenwoordig kan wees nie, maar teenwoordig in jou "plek".

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home