Werp Jou Bekommernis op HomVoorbeeld

Voëls in die Lug
Moet julle nie bekommer oor julle lewe nie. (Matteus 6:25).
Die somerson was besig om kop uit te steek en my glimlaggende buurvrou wat my in die tuin raaksien, het gefluister dat ek moet kom kyk. "Waarna?" het ek nuuskierig terug gefluister. Sy het toe na 'n windklokkie op haar voorstoep beduie, waar 'n klein teekoppie met strooi in bo-op 'n metaalsportjie staan. "'n Suikerbekkie se nessie," het sy gefluister. "Sien jy die baba-voëltjies?" Die twee bekkies, so klein soos speldekoppe, was byna nie sigbaar nie soos hulle opwaarts gewys het. "Hulle wag vir die mamma." Ons het daar in verwondering gestaan. Ek het my selfoon oopgemaak om 'n foto te neem. "Nie te naby nie," het my buurvrou gewaarsku. "Ons wil nou nie die mamma skrikmaak nie." Net daar het ons — van ver af — 'n suikerbekkiefamilie aangeneem.
Dit het nie te lank geduur nie. Na net 'n week is die mamma en kleintjies weg — so stil soos wat hulle gekom het. Wie sou nou vir hulle sorg?
Die Bybel gee 'n besonderse, maar bekende antwoord. Dit is so bekend dat ons eintlik vergeet wat dit alles belowe: "Moet julle nie bekommer oor julle lewe [nie]," sê Jesus (Matteus 6:25). 'n Eenvoudige, maar pragtige bevel. "Kyk na die wilde voëls," het Hy bygevoeg "hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle." (Matteus 6:26).
Net soos God vir die klein voëltjies sorg, sorg Hy ook vir ons — Hy versorg ons na gees, siel, liggaam en denke. Dit is 'n magtige belofte. Mag ons daagliks na Hom kyk — sonder bekommernisse — en hoog vlieg.
Patricia Raybon
Liefdevolle Vader, dit is gerusstellend om te weet U is oor my lewensbehoeftes besorg. Help my asseblief om u belofte van voorsiening te eer deur U elke dag meer te vertrou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Of jy God vir sy genade loof of met jou eie geloof worstel, kan jy seker wees God sal jou altyd met sy onveranderlike liefde, waarheid en krag ontmoet. Word deel van 'n gemeenskap van vroue wat toegewy is om nader aan God en mekaar te groei deur te vertrou Hy is en sal altyd genoeg wees.
More