Werp Jou Bekommernis op HomVoorbeeld

Cast Your Cares

DAG 10 VAN 10

God se Mees Bemoedigende Belofte

Die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. (Josua 1:9).

Jare gelede het ons gesin "Four Corners" besoek, die enigste plek in die Verenigde State van Amerika waar vier state op een plek bymekaarkom. My man het in die area gestaan wat Arizona gemerk was. Ons oudste seun, A.J., het in Utah gaan staan. Ons jongste seun, Xavier, het my hand vasgehou toe ek hom na Colorado lei. Toe ek oorskuif na Nieu-Mexiko, sê Xavier: “Ma, ek kan nie glo dat jy my in Colorado gelos het nie!" Ons was tegelykertyd saam en weg van mekaar en ons gelag was hoorbaar in vier verskillende state. Noudat ons volwasse seuns uit die huis is, het ek 'n dieper waardering vir God se belofte om by sy mense te wees waar hulle ook al gaan.

Nadat Moses dood is, het God vir Josua geroep om 'n leier te wees en hom die waarborg gegee dat Hy by hom teenwoordig sou wees terwyl hy die Israeliete se grondgebied verbreed (Josua 1:1–4). God het gesê: “Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie” (vers 5). God het geweet sy mense sou met twyfel en vrees worstel en daarom het Hy met hierdie woorde 'n fondament van hoop gelê: “Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan” (vers 9).

Dit maak nie saak waarheen God ons of ons geliefdes lei nie ─ selfs deur moeilike tye ─ sy mees bemoedigende belofte verseker ons dat Hy altyd teenwoordig is.

Xochitil Dixon

Alomteenwoordige God, dankie dat U my vertroos met die belofte van u blywende teenwoordigheid.

Aangaande hierdie leesplan

Cast Your Cares

Of jy God vir sy genade loof of met jou eie geloof worstel, kan jy seker wees God sal jou altyd met sy onveranderlike liefde, waarheid en krag ontmoet. Word deel van 'n gemeenskap van vroue wat toegewy is om nader aan God en mekaar te groei deur te vertrou Hy is en sal altyd genoeg wees.

More

Baie dankie aan die Our Daily Bread bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: https://ourdailybread.org/youversion