Werp Jou Bekommernis op HomVoorbeeld

Cast Your Cares

DAG 8 VAN 10

Klein Gebare van Goedgesindheid

Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. (Kolossense 3:12).

Amanda werk as 'n aflos-verpleegster wat tussen verskillende ouetehuise roteer — en sy bring gereeld haar elfjarige dogter, Ruby, saam werk toe. Om haarself besig te hou, het Ruby vir die inwoners begin vra: "As jy enige drie dinge kon kry, wat sou jy wou hê?" en dan skryf sy hul antwoorde in haar notaboek neer. Verbasend genoeg, was baie van die wense vir eenvoudige goed soos Weense worsies, sjokoladetert, kaas en avokadopere. Ruby stel toe 'n donasierekening op om haar te help om hierdie eenvoudige wensies te vervul. Wanneer sy die goedjies aflewer, gee sy hulle ook drukkies. Sy sê: "Dit laat 'n mens gelukkig voel – regtig."

Wanneer ons soos Ruby meegevoel en goedgesindheid bewys, dan weerspieël ons God wat "genadig en barmhartig is . . . en vol liefde" (Psalm 145:8). Daarom moedig die apostel Paulus ons as God se volk aan: "om meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam te wees" (Kolossense 3:12). Omdat God met ons meegevoel gehad het, wil ons uit nature ook meegevoel aan ander bewys. As ons dit doelbewus doen, "beklee" ons onsself daarmee.

Paulus gaan voort om te sê: "Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind" (vers 14). Wanneer hy ons dan herinner om "dit alles te doen in die Naam van die Here Jesus" (vers 17), om sodoende te onthou dat alle goeie dinge van God af kom. Wanneer ons goedgesind teenoor ander optree, voel ons blymoedig in ons gees.

Alyson Kieda

Jesus, dankie dat U vir ons oorvloedige, oneindige goedgesindheid bewys. Help ons om vreugde daarin te vind deur goeie dade vir ander doen.

Aangaande hierdie leesplan

Cast Your Cares

Of jy God vir sy genade loof of met jou eie geloof worstel, kan jy seker wees God sal jou altyd met sy onveranderlike liefde, waarheid en krag ontmoet. Word deel van 'n gemeenskap van vroue wat toegewy is om nader aan God en mekaar te groei deur te vertrou Hy is en sal altyd genoeg wees.

More

Baie dankie aan die Our Daily Bread bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: https://ourdailybread.org/youversion