Werp Jou Bekommernis op HomVoorbeeld

Onder God se Vleuels
Laat my by U 'n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels. (Psalm 61:5).
Naby ons woonstelkompleks is daar 'n dam waar verskeie Kanadese gansfamilies met babagansies hulself tuisgemaak het. Die klein kuikentjies is so donsig en oulik dat dit moeilik is om hulle nie dop te hou wanneer ek om die dam hardloop of stap nie. Ek het egter mettertyd geleer om glad nie oogkontak te maak nie en ver uit die ganse se pad te bly — anders loop ek die risiko dat 'n beskermende gansouer dalk in my 'n bedreiging sien en vir my blaas of my selfs jaag!
Die Bybel gebruik die beeld van 'n voël wat haar kuikens beskerm om God se tere, beskermende liefde vir sy kinders uit te beeld (Psalm 91:4). Dit blyk in Psalm 61 dat Dawid daarna streef om God se versorging weer eens op hierdie manier te ervaar. Hy het God ervaar as sy "toevlug, 'n sterk vesting" (vers 4), maar nou roep hy desperaat "ver uit die vreemde" en hy pleit: "Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees" (vers 3). Hy begeer om weer, soos tevore "te skuil onder [God se] vleuels" (vers 5).
Terwyl Dawid sy pyn en begeerte om genesing na God bring, vind hy vertroosting daarin dat God hom hoor (vers 6). Omdat God getrou is, weet hy dat hy "altyd [God se] Naam sal besing" (vers 9).
Ons kan, net soos die psalmdigter, terughardloop in God se arms wanneer ons ver van sy liefde verwyderd voel en verseker wees dat, selfs in ons pyn, Hy met ons is en vir ons omgee — en ons net so heftig beskerm soos 'n hen haar kuikens oppas.
Monica La Rose
Vader, dankie vir u vurige, beskermende liefde vir my. Help my om veilig in u tere sorg te rus.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Of jy God vir sy genade loof of met jou eie geloof worstel, kan jy seker wees God sal jou altyd met sy onveranderlike liefde, waarheid en krag ontmoet. Word deel van 'n gemeenskap van vroue wat toegewy is om nader aan God en mekaar te groei deur te vertrou Hy is en sal altyd genoeg wees.
More