Werp Jou Bekommernis op HomVoorbeeld

Cast Your Cares

DAG 9 VAN 10

God by die Kruispaaie

"... Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit ..." (Jeremia 6:16).

Nadat my man reeds dae lank siek was en sy koors toe die hoogte ingeskiet het, was dit duidelik dat hy noodbehandeling nodig gehad het. Hy is dadelik by die hospitaal opgeneem. Een dag het op die volgende gevolg. Hy het beter geword, maar nie voldoende om ontslaan te word nie. Ek het voor die moeilike keuse te staan gekom om my man by te staan of om 'n belangrike reis vir my werk te onderneem waarin baie mense en projekte betrokke was. My man het my verseker dat dit met hom reg is, maar my hart was verskeur tussen hom en my werk.

Die volk van God het by die kruispaaie van lewensbesluite sy hulp nodig gehad. Hulle het hopeloos te dikwels nie aan sy geopenbaarde opdragte gehoor gegee nie. Moses het volgens Deuteronomium 30:19 by die volk aangedring: "Kies die lewe ..." deur God se opdragte uit te voer. Baie later het die profeet Jeremia se woorde ook aan God se opstandige volk rigting aangewys deur hulle aan te moedig om sy weë te volg: "Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit ..." (Jeremia 6:16). Die ou paaie uit die Skrif en ook God se voorsiening van die verlede kan aan ons rigting gee.

Ek het in my verbeelding gesien hoe ek by werklike kruispaaie staan en het Jeremia se voorbeeld van wysheid toegepas. My man het my nodig gehad, maar ook my werk. Op daardie oomblik het my hoof gebel en my aangemoedig om tuis te bly. Ek het diep asemgehaal en God gedank dat Hy by my kruispad voorsien het. God se rigtingaanwysing kom nie altyd so duidelik nie, maar dit kom wel. Wanneer ons dus by kruispaaie staan, moet ons sekermaak dat ons Hom opsoek.

Elisa Morgan

Dierbare Vader, help my wanneer ek by kruispaaie te staan kom, om u voorsiening op te soek.

Aangaande hierdie leesplan

Cast Your Cares

Of jy God vir sy genade loof of met jou eie geloof worstel, kan jy seker wees God sal jou altyd met sy onveranderlike liefde, waarheid en krag ontmoet. Word deel van 'n gemeenskap van vroue wat toegewy is om nader aan God en mekaar te groei deur te vertrou Hy is en sal altyd genoeg wees.

More

Baie dankie aan die Our Daily Bread bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: https://ourdailybread.org/youversion