Werp Jou Bekommernis op HomVoorbeeld

Vertrou op God
Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar óns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God. (Psalm 20:8).
Ek het twee tipes medikasie dringend nodig gehad. Die een was vir my ma se allergieë en die ander vir my niggie se ekseem. Hul ongemak het vererger, maar die medisyne was nie meer in apteke beskikbaar nie. Desperaat en hulpeloos het ek herhaaldelik gebid: "Here, help hulle asseblief."
Weke later het hul toestande hanteerbaar geword. Dit het voorgekom asof God sê: "Daar is tye wanneer Ek medisyne gebruik om te genees, maar medisyne het nie die laaste sê nie; Ek het. Jy moet nie jou vertroue daarop plaas nie, maar in My."
In Psalm 20 het koning Dawid vertroosting gevind in God se betroubaarheid. Die Israeliete het 'n magtige leër gehad, maar hulle het geweet dat hul grootste krag van ''die Naam van die Here" gekom het (vers 8). Hulle het hul vertroue in God se Naam geplaas — in wie Hy is. Sy onveranderlike karakter en onfeilbare beloftes. Hulle het vasgehou aan die waarheid dat Hy wat soewerein en magtig is oor alle situasies hulle gebede sou verhoor en hulle van hul vyande sou verlos (vers 7).
Alhoewel God die hulpbronne van hierdie wêreld kan gebruik om ons te help, kom die oorwinning oor ons probleme uiteindelik van Hom. Of Hy aan ons 'n oplossing gee of die genade om te volhard, ons kan vertrou dat Hy vir ons alles sal wees wat Hy sê Hy is. Ons hoef nie deur ons probleme oorweldig te word nie, want ons kan dit met sy hoop en vrede die hoof bied.
Karen Huang
Hemelse Vader, gee my die moed om op U te vertrou. Help my om te glo dat U alles is wat U belowe om te wees.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Of jy God vir sy genade loof of met jou eie geloof worstel, kan jy seker wees God sal jou altyd met sy onveranderlike liefde, waarheid en krag ontmoet. Word deel van 'n gemeenskap van vroue wat toegewy is om nader aan God en mekaar te groei deur te vertrou Hy is en sal altyd genoeg wees.
More