Werp Jou Bekommernis op HomVoorbeeld

“Klein” Wonderwerke
Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. (Sagaria 4:10).
By 'n samekoms voor ons troue, staan ons skaam vriend, Dave, in die hoek met 'n langwerpige voorwerp in sneespapier toegedraai. Toe dit sy beurt is, staan hy nader en bied dit aan as geskenk. Toe ek en Evan dit oopmaak, vind ons 'n stuk handgesnede hout, met pragtige langwerpig-uitkringende houtvlamme en 'n gesegde daarin uitgekerf: "Sommige van God se wonderwerke is klein". Hierdie gesegde hang nou al vir vyf-en-veertig jaar in ons huis en herinner ons oor en oor dat God selfs in die klein dingetjies besig is om te werk. In die betaling van 'n rekening. In die voorsiening van 'n ete. In die genesing van 'n verkoue. Al hierdie klein dingetjies bymekaar getel word saam 'n indrukwekkende rekord van die voorsiening van God.
Deur Sagaria, die profeet, ontvang Serubbabel, die goewerneur van Juda, 'n soortgelyke boodskap van God aangaande die heropbou van Jerusalem en die tempel. Na hul terugkeer uit die Babiloniese ballingskap, het 'n tydperk van stadige vooruitgang gevolg, en die Israeliete het begin moed verloor. “Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie” verklaar God in Sagaria 4:10. Hy bring sy wil tot stand deur ons en soms ook ten spyte van ons. “... Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige" (vers 6).
Wanneer ons tam word as gevolg van die oënskynlike geringheid van God se werk in en om ons, laat ons onthou dat sommige van sy wonderwerke "klein" mag wees. Hy gebruik hierdie klein dingetjies, soos bakstene in 'n gebou, om sy meesterplan tot stand te bring.
Elisa Morgan
Liewe Here, dankie dat U klein wonderwerke in my lewe doen. Help my om ál u werke raak te sien!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Of jy God vir sy genade loof of met jou eie geloof worstel, kan jy seker wees God sal jou altyd met sy onveranderlike liefde, waarheid en krag ontmoet. Word deel van 'n gemeenskap van vroue wat toegewy is om nader aan God en mekaar te groei deur te vertrou Hy is en sal altyd genoeg wees.
More