Leesplan inligting

OngegriefdVoorbeeld

Unoffendable

DAG 1 VAN 10

"ONVERSKILLIG TEENOOR BELEDIGINGS"


"Klippe en stokke kan dalk my bene breek, maar woorde sal my nooit seermaak nie."



Sou dit nie heerlik wees as so 'n stelling waar was nie? Baie dikwels is dit soveel makliker vir 'n gebreekte been om gesond te word as vir 'n wond wat veroorsaak is deur iets wat iemand gesê het waaroor jy diep gegriefd is. Om aanstoot te neem aan iets wat iemand gesê het, is een van die belangrikste oorsake wat ons geluk bederf. Sulke soort gegriefdheid het die vermoë om jou hele dag, week, maand, jaar of selfs jou lewe te ruïneer.



Ek is gebore toe my pa 49 jaar oud was. Teen die tyd wat ek op hoërskool hokkie gespeel het, was my pa al in sy sestigs. Totale vreemdelinge sou my dikwels vra of die man wat my met soveel entoesiasme uit die pawiljoen aanmoedig dalk my oupa is. Vandag onthou ek nie meer die name of gesigte nie, maar ek onthou baie helder die gevoel om emosioneel lam te raak en eerlikwaar … die gevoel om aanstoot te neem.



Niemand is bestand teen dit wat aanstoot gee nie, ongeag ouderdom, welstand, beroep, verhoudingstatus of geestelike volwassenheid. Ons menslike geaardheid wil graag hê ander mense moet 'n goeie dunk van ons hê. Ons wil graag deur die teenoorgestelde geslag begeer word. Ons wil hê mense moet dink ons is aantreklik, welgesteld en regtig gelukkig. Ons wil graag hê mense moet dink ons lewens is agtermekaar en ons beleef voortdurende sukses.



Ons het al almal ervaar dat iemand iets sê wat ons ongewaardeerd, onbeduidend en waardeloos laat voel het.



Dalk was dit 'n rassistiese of 'n seksistiese aanmerking. Miskien was dit kommentaar op Facebook. Dalk is iemand bo jou gekies. Soms neem ons aanstoot, nie omdat iemand iets oor ons gesê of aan ons gedoen het nie, maar omdat dit gedoen is aan iemand vir wie ons liefhet. Onder die vaandel van goeie vriendskap, kan ons namens ander mense gegriefd wees.



Wat as ek vir jou sê jy kan 'n lewe lei sonder om aanstoot te neem?


Nie onoorwinlik nie.


Nie Superman nie.


Nie Wondervrou nie.


Nee, jy sal seerkry. Wat as ek jou egter sê dat daar 'n doel vir jou pyn kan wees? Wat as jy iets hoor wat aanstoot gee, maar eintlik weet hoe om dit te hanteer?



Die volgende week van jou lewe kan jou beste wees omdat dit die week kan wees wanneer jy alle gegriefdheid laat vaar en vryheid aangryp.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Unoffendable

Die strategie van die vyand is om afstand tussen ons en ons geliefdes te plaas, een oortreding op 'n slag. Ongegriefd bied 'n riglyn vir hoe God die dinge in die lewe wat ons die meeste seermaak, kan gebruik om ons selfv...

More

Ons wil graag vir Ryan Leak (Covenant Kerk) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, kan jy http://www.ryanleak.com besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid