Leesplan inligting

OngegriefdVoorbeeld

Unoffendable

DAG 6 VAN 10

"RUIMTE VIR FOUTE"


Dis een ding om gegriefd te wees oor 'n ongevoelige aanmerking deur iemand wat jy liefhet. Die ergste aanstoot wat ons ooit in ons lewens sal kry, sal egter uit twee onverwagte oorde kom: 



Wat mense nooit vir jou sê nie; en wat jy hoor mense aan ander sê, wat jy wens hulle vir jou gesê het. 



Die grootste toets vir jou selfvertroue is om te hoor hoe iemand anders gekomplimenteer word vir dieselfde ding wat jy doen. Dit kan nogal baie moeilik wees om te sien hoe iemand anders vereer word, raakgesien en beloon word vir iets waarvan jy baie doen en daardie persoon eintlik min doen. Ek noem dit skyn-mismoedigheid. Niemand het eintlik iets negatief oor jou gesê nie. Om egter te sien hoe 'n ander gekomplimenteer word, kan amper voel of dit jou iets kos.



Saul het by uitstek hiermee te doen gehad toe hy hoor hoe die vroue vir Dawid prys in 1 Samuel 18. Die Bybel vertel ons ook dat Saul van daardie dag af vir Dawid in die oog gehou het. 



Saul het toegelaat dat die lof wat Dawid gekry het, sy selfvertroue vernietig. Saul het toegelaat dat die lofsange wat hy graag wou hê, hom verdryf van wie hy geroepe was om te wees. Volgens 1 Samuel 9, was Saul reeds fantasties, gesalf en die aantreklikste man in Israel. Tog het sy jaloesie op Dawid hom vir sy eie waarde verblind. 



Is dit moontlik dat daar mense in jou lewe is wat jou liefhet en jou gereeld komplimenteer, maar jy hoor dit nie eens nie omdat jy vir 'n kompliment van 'n spesifieke persoon wag van wie jy dit nooit sal kry nie? 



Soms wil ons nie net aangemoedig word nie, maar ons wil deur 'n spesifieke persoon aangemoedig word. Kom ek vra jou iets. Wat gaan verander as die persoon oplet wie jy is en wie jy voorheen was? Wat gaan verander indien die persoon jou om verskoning vra? Wat gaan verander wanneer jy uiteindelik kry wat jy wou hê? As daar 'n beter weergawe van jouself is wat jy in die vooruitsig stel om te word sodra jy daardie bevestiging kry, dan is my volgende vraag: Hoekom wag jy? 



Waarom vergewe jy nie die persoon nie en laat alles vaar? Waarom sou jy jou hele lewe lank met 'n rugsak vol gegriefdhede wou leef as jy eerder jou energie kan kanaliseer na wie jy sou wees as jy nie aanstoot geneem het nie?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Unoffendable

Die strategie van die vyand is om afstand tussen ons en ons geliefdes te plaas, een oortreding op 'n slag. Ongegriefd bied 'n riglyn vir hoe God die dinge in die lewe wat ons die meeste seermaak, kan gebruik om ons selfv...

More

Ons wil graag vir Ryan Leak (Covenant Kerk) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, kan jy http://www.ryanleak.com besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid