Leesplan inligting

OngegriefdVoorbeeld

Unoffendable

DAG 3 VAN 10

"DIE DOEL VAN GESELSIES"


Daar is baie mense wat jou al aanstoot gegee het, maar hulle is salig onbewus daarvan. 



Net so het jy al aan ander mense aanstoot gegee, maar hulle het nie daarop gereageer nie. 



Oor die jare was heelwat van my vriende onseker oor hoe om met ander of met my oor rasse-aangeleenthede in ons land te praat omdat hulle bang was om aanstoot te gee. Tog glo ek die beste optrede in sulke gesprekke is om opregte vrae in liefde te vra. 



Om vrae te vra kan tot gesonde gesprekke oor hierdie sensitiewe onderwerpe lei. Sodoende kry jy geleentheid om ander mense se perspektiewe te verstaan en verklein die gaping dat iets wat aanstoot gee jou gesprekke beheer.  



Ek hou daarvan hoe Paulus hieroor in Kolossense gepraat het:


"Dit moet ook altyd vir mense lekker wees om met julle te gesels. 


Na elke gesprek moet hulle voel dat dit die moeite werd was. 


So ’n ingesteldheid sal julle help om te weet in watter rigting om gesprekke te stuur en wat om volgende te sê" 


Kolossense 4:6 (DB).



Jy kan nie almal beheer wat in jou leeftyd vir jou aanstoot sal gee nie, maar jy kan doelbewus in jou aandeel tot 'n gesprek met ander mense wees. Neem vandag 'n besluit dat die doel van jou toekomstige gesprekke en interaksie met ander sal wees om die beste in hulle na vore te bring. 



Wys 'n vriend se sterkpunte uit. 


Vertel iemand waarmee hulle goed is; hulle mag dit dalk al vergeet het of nog nie eens besef het nie. 



Gaan deur iemand se sosiale media-rekening en klik op "hou van" by sommige van sy of haar plasings. Skryf 'n vriendelike kommentaar daarby sonder om vals te wees. Dit moet doelbewus wees. 



Om eerlik te wees, dis glad nie moeilik om enigeen of enigiets te kritiseer nie. Dit kom byna natuurlik by ons op, maar wat as ons almal verkies om liewer beter te wees? Om gedurende ons gesprekke die beste in ander na vore te bring, moet ons werklik vir die beste op die uitkyk wees. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Unoffendable

Die strategie van die vyand is om afstand tussen ons en ons geliefdes te plaas, een oortreding op 'n slag. Ongegriefd bied 'n riglyn vir hoe God die dinge in die lewe wat ons die meeste seermaak, kan gebruik om ons selfv...

More

Ons wil graag vir Ryan Leak (Covenant Kerk) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, kan jy http://www.ryanleak.com besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid