Leesplan inligting

OngegriefdVoorbeeld

Unoffendable

DAG 10 VAN 10

"'N WANDELING OM TE ONTHOU"


Een van die newe-effekte van aanstoot neem, is dat dit jou 'n lewe kan laat lei waar jy enigiets sal doen om te verhoed dat iets jou aanstoot gee. Jy droom nie meer nie, want die vorige keer het iemand iets gesê wat jou aanstoot gegee het. Wat ook al gesê is, herhaal soos 'n refrein in jou denke wanneer jy dit sou waag om 'n droom te probeer najaag. 



Ek wonder dikwels hoeveel verstandelike en geestelike hindernisse Petrus moes oorkom voordat hy op die water geloop het. Wat sou die ander dissipels van hom dink? Wat as hy verdrink? 



Daardie hindernisse is oorkom deur die nuuskierigheid van wie hy kan word as hy dit kon doen. Hierdie nuuskierigheid het daartoe gelei dat hy die tree vanuit sy gemak na die onbekende geneem het. 


Ja, Petrus het byna verdrink. 


Ja, Jesus het hom gered. 


Ja, Petrus het getwyfel. 


Ja, Petrus se oë moes nie op die wind en golwe gewees het nie, maar net op Jesus. 


Ja, Petrus moes meer geloof en minder twyfel in sy beste vriend gehad het. 



Moet net nie die beste deel van Petrus se verhaal miskyk nie. Petrus het 'n onbekende ent na Jesus toe gestap en toe byna verdrink. Ons weet ook die storm het nie opgehou voor hulle albei terug in die boot was nie. Wat ons dus hiervan kan aflei is … Jesus en Petrus het toe saam deur die storm terug geloop. 



Petrus het iets in die diep water gekry wat hy nie in die veiligheid van die boot kon kry nie: 'n wandeling om te onthou. 



Petrus het alle logiese redes gehad om versigtig te wees, maar waar sou sy logika hom gebring het? Waar bring dit vir jou? Elke oortreding wat jy al ooit begaan het, het jou geleer om in die boot te bly. Wat jy ook al doen, moenie toelaat dat oortredings jou versigtig maak nie. My hoop en gebed is dat jy nie sal toelaat dat seerkry van die verlede jou van jou toekomstige drome sal weerhou nie. My hoop en gebed is dat jy reeds die mense vergewe het wat teen jou oortree het, en ook die mense wat onvermydelik in die toekoms teenoor jou sal oortree. My hoop en gebed is dat daar 'n oomblik in jou lewe sal wees waar jy en Jesus 'n wandeling sal hê om te onthou. Dit maak nie saak hoe erg die storm is nie, ek bid … jy sal nooit deur enige storm … sonder Jesus loop nie. 


Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Unoffendable

Die strategie van die vyand is om afstand tussen ons en ons geliefdes te plaas, een oortreding op 'n slag. Ongegriefd bied 'n riglyn vir hoe God die dinge in die lewe wat ons die meeste seermaak, kan gebruik om ons selfv...

More

Ons wil graag vir Ryan Leak (Covenant Kerk) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, kan jy http://www.ryanleak.com besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid