Leesplan inligting

OngegriefdVoorbeeld

Unoffendable

DAG 9 VAN 10

"EK IS JAMMER"


Een van die hartseerste dinge wat ek begin besef, is dat sommige mense vir 'n verskoning wag om te kan aanbeweeg, maar dit sal nooit kom nie. Kan ek dus sommer nou namens die oortreder om verskoning vra? God wil vreeslik graag hê jy moet aanbeweeg, maar Hy wil hê jy moet eers genees. 



Ek is opreg jammer vir elke ding en elke mens wat jou ooit seergemaak het. Ek is so jammer oor elke persoon wat jou in die steek gelaat het. Ek is jammer vir die rassisme wat jy moes ervaar. Ek is jammer oor die seksuele molestering. Ek is jammer oor die verbale mishandeling. Ek is jammer dat hulle jou verlaat het. Ek is jammer hulle het jou laat gaan. Ek is jammer dat jy nie gekies is nie. Ek is jammer. 



Kan ons egter vir God in hierdie omstandighede innooi? Sal jy jou pyn aan God gee? Jou pyn hoef nie jou tronk te wees nie. Jou pyn het 'n doel en om dit self te hanteer kan uitputtend wees. 



Ek wil hê jy moet God toelaat om jou vry te maak van al die dinge wat vir jou gesê is en ook alles wat nie genoeg vir jou gesê is nie. Deur aan daardie gegriefdheid en pyn vas te hou, ruïneer net jou toekoms.



Een van die maniere hoe jy jouself kan vrymaak, is deur die inisiatief te neem om die soort mens te word wat jy wil hê ander vir jou moet wees. As jy na bemoediging, om opgemerk en waardeer te word, gesmag het — gaan soek dan na iemand wat ontmoedig, onopgemerk en ongewaardeerd voel en wees alles vir hulle waarna jy self altyd gesmag het om te ontvang. 



Verkies om ander met oorgawe te bemoedig. Beklemtoon hulle klein, wonderlike besonderhede. Waardeer die talente en gawes van ander. Daar mag dalk onopgeloste spanning tussen jou en 'n geliefde wees omdat jy onopgemerk, ongewaardeer en van min waarde by daardie persoon voel. Hou dadelik op om hierdie gegriefdheid toe te laat om 'n wig tussen jou en jou geliefde te dryf. Doen jou deel. Sien hulle raak. Waardeer hulle. Heg waarde aan hulle. Wat jy ook al doen, moenie 'n dag van jou lewe langer deur die gif van aanstoot neem versmoor word nie. 


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Unoffendable

Die strategie van die vyand is om afstand tussen ons en ons geliefdes te plaas, een oortreding op 'n slag. Ongegriefd bied 'n riglyn vir hoe God die dinge in die lewe wat ons die meeste seermaak, kan gebruik om ons selfv...

More

Ons wil graag vir Ryan Leak (Covenant Kerk) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, kan jy http://www.ryanleak.com besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid