Leesplan inligting

OngegriefdVoorbeeld

Unoffendable

DAG 5 VAN 10

"JY KAN DIE WAARHEID HANTEER"


Een van die redes waarom ek die meeste van kinders hou, is omdat hulle die eerlikste mense is wat jy kan kry. Hulle moet nog die begrip leer om met 'n filter te lewe en hulle is heeltemal onbewus wanneer of hoe hulle jou aanstoot gee. Ek het vier susterskinders wat altyd reguit met my praat wanneer ek nie eens hulle menings gevra het nie. Ek onthou die eerste keer wat ek 'n styfpassende swart denimbroek gekoop en na hulle toe aangetrek het. Een van die kinders het vir my gevra: 


"Waarom dra jy lang kouse?" 


Ek sê toe: "Dis 'n DENIMBROEK". 


Sy antwoord toe: "Dit lyk vir my soos lang kouse." 


Sy het 'n punt beetgehad.



Wanneer dit by ons hegste verhoudinge kom, glo ek is daar tye wanneer dit waaroor ons aanstoot neem en wat ons afbrekend vind, eintlik voordelig en positief kan wees. As ons beplan om suksesvolle loopbane, huwelike en lewens te hê, moet ons leer hoe om die waarheid te hoor sonder om daaroor aanstoot te neem. 



Spreuke 27:6 stel dit so:


 "Op 'n vriend wat jou seermaak, kan jy reken; iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene."



Die beste manier hoe om eerlike terugvoer te kry, is slegs per uitnodiging. Ongevraagde kritiek sal altyd 'n ope teiken wees om aanstoot te neem. Daarom vra ek dikwels vir my vriende: Wat is sommige van my blindekolle?



Een vriend se reaksie was … 


"Jy het die vermoë om een van die mees innemende mense in 'n vertrek te wees; en jy het die vermoë om die mees afgetrokke mens in 'n vertrek te wees — en almal in die vertrek kan aanvoel watter een jy is." 



Ek kon nie dankbaarder wees vir sy perspektief nie, want positiewe terugvoer is presies wat my laat groei om die beste weergawe van myself te word. Hoe meer ongegriefd ek word, hoe meer ruimte skep ek vir mense om my te help sien wat ek nie op my eie kan sien nie.


Wie is daar in jou lewe wat aan jou die waarheid kan vertel? 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Unoffendable

Die strategie van die vyand is om afstand tussen ons en ons geliefdes te plaas, een oortreding op 'n slag. Ongegriefd bied 'n riglyn vir hoe God die dinge in die lewe wat ons die meeste seermaak, kan gebruik om ons selfv...

More

Ons wil graag vir Ryan Leak (Covenant Kerk) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, kan jy http://www.ryanleak.com besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid