Leesplan inligting

OngegriefdVoorbeeld

Unoffendable

DAG 7 VAN 10

"TOEGEEFLIK"


Die beste ding wat ek geleer het wat om met gegriefdheid te doen is: Laat dit vaar voordat dit gebeur. 



Die rede is … 


 "Gee mekaar ’n kans sonder om mekaar met kritiek uitmekaar te skeur. Kyk ook by mekaar se foute verby. Die Here het immers by al julle foute verbygekyk. Daarom word niks minder van julle verwag nie" Kolossense 3:13 (DB).



Ek hou van die eerste paar woorde. "Gee mekaar 'n kans". 


Verskuif die grense.


Gee 'n kans


Laat 'n gaping 


Skep ruimte. 



Die Bybel sê ons moet in ons lewens en in die wêreld vir mekaar 'n kans gee om foute te maak. Dit beteken jy moet by almal in jou lewe en in jou wêreld wat vir jou aanstoot gee, se foute verbykyk. Nie behoort nie. Moet. Almal. Skep ruimte vir ander om foute te maak omdat "die Here immers by jou foute verbygekyk het". Alhoewel kwetsende dade jou aanstoot sal gee, moet jy nie toelaat dat een oortreding tot 'n leeftyd se pyn lei nie. 



Laat dit vaar. Gaan aan met jou lewe.


Toe ons op ons ergste was, het Christus sy volmaakte lewe opgeoffer vir ons onvolmaakte lewens. Hy het klaar besluit. Hy het nie net ons foute van die verlede vergewe nie, maar ook ons toekomstige foute. 



Jou beste geleentheid om soos Jesus te wees, is wanneer iemand jou aanstoot gee. As jy die volle prentjie kon sien van wat die persoon ervaar het wat jou aanstoot gee, sal jy besef wat gesê is, het eintlik baie min met jou te doen en baie meer met die gebrokenheid wat die persoon deur iemand anders ervaar het. Dis hoekom ons "mekaar 'n kans moet gee" – toegeeflik met mekaar se foute wees. Anders sal ons net emosioneel reageer met 'n beperkte perspektief op die ander se lewens en ook ons eie. 



Vergewe hulle. 


Vergewe jou pa. 


Vergewe jou ma. 


Vergewe die onderwyser 


Vergewe jou vorige ou. 


Vergewe jou vorige meisie. 


Vergewe jou vorige huweliksmaat. 


Vergewe jou huidige huweliksmaat. 


Vergewe jou broer of suster. 


Vergewe jou vorige baas. 


Vergewe jou vorige vriend. 


Vergewe jou afrigter.


Vergewe jou predikant. 


Vergewe die persoon wat 'n rassistiese aanmerking gemaak het. 


Vergewe die polisie. 


Vergewe die regering. 


Vergewe die president. 



Laat dit vaar. Laat dit vaar. Laat dit vaar. Gee aan al die bogenoemdes die toegeeflikheid van genade wat die almagtige God aan jou betoon het. 


Teenoor wie moet jy toegeeflik wees?


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Unoffendable

Die strategie van die vyand is om afstand tussen ons en ons geliefdes te plaas, een oortreding op 'n slag. Ongegriefd bied 'n riglyn vir hoe God die dinge in die lewe wat ons die meeste seermaak, kan gebruik om ons selfv...

More

Ons wil graag vir Ryan Leak (Covenant Kerk) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, kan jy http://www.ryanleak.com besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid