Leesplan inligting

Stiltetye met GodVoorbeeld

Stiltetye met God

DAG 1 VAN 14




God is jou Kragbron

“Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. (John 15:5)

Jou lewe in Christus is nie ‘n doen-dit-jouself projek nie. Met ander woorde jy word nie op jou eie gelaat om jou probleme op te los of die lewe se uitdagings in jou eie krag die hoof te bied nie. God is met jou. Hy is jou bron.

Soos jy groei in jou persoonlike verhouding met God - tyd saam met Hom deurbring en Sy Woord te bestudeer – leer jy geleidelik om na Hom op te kyk en eerder op Sy krag te leun as op jou eie. Jy begin verstaan dat Hy jou onfeilbare voorsiener is.

Omdat God altyd by jou is, het jy toegang tot alles wat jy nodig het om in die lewe te oorwin. Vrede, vreugde, selfvertroue, krag, wysheid, en die vrug van die Gees – dit is alles vir jou beskikbaar in Christus Jesus.

Vandag se Gedagte

In plaas daarvan om te wonder, Hoe gaan ek alles gedoen kry? Of Hoe gaan ek hierdie probleem oplos? Vra God vir Sy hulp, krag en leiding. Vertrou Hom om jou bron te wees.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Jesaja 40:29; Efesiërs 3:16.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Stiltetye met God

Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor di...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid