Leesplan inligting

Stiltetye met GodVoorbeeld

Stiltetye met God

DAG 5 VAN 14




Geloof in Plaas van Vrees

Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. (2 Timotheus 1:7)

Vrees is, eenvoudig gestel, die teenoorgestelde van geloof. God wil hê ons moet in geloof stap, maar Satan laat ons in vrees lewe. Sodra ons daarin slaag om in geloof te lewe en nie toe te laat dat vrees ons lewe beheer nie, kan ons ‘n bevredigende, rustige en vreugdevolle lewe in Christus leef.

Vrees begin met ‘n gedagte. Spreuke 23:7 vertel ons ‘’Want soos hy in sy siel bereken, so is hy;’’ (Afr 53). Ek hou daarvan om dit so te stel: waar die gedagtes gaan, volg die man.

Daarom praat die Bybel daarvan om oor die Woord van God te mediteer en om jou gedagtes te vernuwe (sien Romeine 12:2). Om oor God se Woord te mediteer beteken om die Skrif oor en oor in jou gedagtes te oordink totdat dit deel van jou word. Wanneer jy dit doen, neem dit inligting en verander dit in openbaring. Hoe meer jy God se Woord bestudeer en Sy beloftes oordink, hoe beter sal jou lewe wees!

Vandag se Gedagte

Dink na oor waaraan jy dink. In plaas van angstige of bekommerde gedagtes, kies om te fokus op gedagtes wat vol geloof is.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer 1 Johannes 4:18; Psalm 118:6

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Stiltetye met God

Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor di...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid