Leesplan inligting

Stiltetye met GodVoorbeeld

Stiltetye met God

DAG 14 VAN 14




Iets Goeds Gaan gebeur!

Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal nuwe krag kry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie. (Jesaja 40:31)

Hoop is ‘n positiewe verwagting dat iets goeds gaan gebeur as gevolg van God se groot liefde vir jou. Dit is nie ‘n wag-en-sien-houding nie, maar ‘n ingesteldheid wat ons elke dag doelbewus moet kies.

Hoop in Christus stel ons in staat om swaarkry en lang wagperiodes te verduur sonder om op te gee en God gebruik hierdie tydperk om karakter en uithouvermoë in ons te ontwikkel.

Hoop herinner ons om te glo dat God ‘n plan het; dinge gaan uitwerk. Dit is die soms onverklaarbare, maar altyd onmiskenbare gevoel dat vandag ‘n slegte dag sou wees om op te gee. Wanneer jy hoop kies, kies jy om vorentoe te beweeg, met die wete dat God ‘n weg sal berei.

Vandag se gedagte

Wanneer jy ‘n moeilike situasie in die gesig staar, kies hoop bo wanhoop of moedeloosheid. God is in beheer!

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Psalm 5:3; Judas 1:21

Besoek tv.joycemeyer.org/afrikaansvir meer boodskappe soos hierdie een van Joyce.

Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Stiltetye met God

Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor di...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid