Leesplan inligting

Stiltetye met GodVoorbeeld

Stiltetye met God

DAG 9 VAN 14




Wees ‘n Beslissende Persoon

Daarom kan ons moed skep en antwoord: “Die Here is my hulp; daarom sal ek, nie bang wees nie. Wat kan ’n blote mens my aandoen?” (Hebreërs 13:6)

As jy al ooit druk ervaar het weens verskeie opsies wat jou in die gesig staar, het ek goeie nuus vir jou: jy kan ‘n persoon wees wat wyse, dapper en selfversekerde besluite neem.

Jy hoef nie besluiteloos en onseker deur die lewe te gaan nie en jy hoef nie langer geïntimideer te word voor die groot aantal keuses wat voor jou staan nie.

Vra eenvoudig God se leiding en neem dan die stappe waaroor Hy jou vrede gee. Wanneer jy Sy leiding vertrou, sal Hy jou wys watter besluit om te neem. Glo dat jy God se wysheid het en neem ‘n stap in geloof eerder as om bevrees te wees!

Vandag se gedagte

Jy kan van God hoor en jy kan deur die Gees gelei word. Glo dit en wees vol vertroue!

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Jakobus 1:5; Psalm 49:3.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Stiltetye met God

Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor di...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid