Leesplan inligting

Stiltetye met GodVoorbeeld

Stiltetye met God

DAG 7 VAN 14




Weet Wie Jy Is

Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier! (2 Korintiërs 5:17)

Daar is baie mense wat nie hulle gawes en talente van God gebruik nie, omdat hulle in die verlede probeer en misluk het. Hulle is gefrustreerd in die lewe omdat hulle toegelaat het dat hulle vorige nederlae hulle laat definieer wie hulle is. In plaas daarvan om op te hou of op te gee, wil God hê jy moet aanhou probeer totdat jy dit regkry!

Wanneer ons wedergebore word deur ‘n verhouding met Jesus Christus, word ons eintlik ‘’herskep’’ in Hom. Dus, wat Jesus ookal is, is ons ook.

Hy is sterk en in Hom, is ons ook sterk (sien Filippense 4:13).

Hy is moedig, in Hom is ons moedig (sien Mattheus 19:26; Johannes 16:33).

Hy is ‘n oorwinnaar, dus is ons ook oorwinnaars (sien Romeine 8:37).

Hy het vrede en vreugde, dus het ons vrede en vreugde (sien Johannes 14:27).

Jy kan baie nederlae en mislukkings van die verlede oorkom deur jouself in Christus te sien. Dan sal jy vind dat jy alles het wat jy nodig het om te doen waarvoor jy geskape is.

Vandag se Gedagte

Jou vorige foute hoef nie jou toekoms te bepaal nie!

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Genesis 1:27; Romeine 8:37.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Stiltetye met God

Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor di...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid