Leesplan inligting

Stiltetye met GodVoorbeeld

Stiltetye met God

DAG 2 VAN 14




Wag in Afwagting

Vertrou op die Here! Wees sterk en skep moed! Ja vertrou op die Here! (Psalm 27:14)

Op een of ander stadium in ons lewens, vind ons almal dat ons oor ‘n situasie bid en wag dat God daardie gebed sal beantwoord. Om te wag kan moeilik wees en ons wonder dikwels of God ons gebede verhoor het.

Wees verseker, God hoor elke gebed wat jy bid en Hy werk die antwoorde uit al weet jy nie altyd die besonderhede nie. Totdat jy ‘n antwoord op jou gebed kry, kan jy óf passief óf afwagtend wag.

‘n Passiewe persoon gee maklk op, maar ‘n persoon in afwagting is vol selfvertroue en glo die antwoord is net om die draai. Afwagting vul ons met hoop. Dit gee ons die geloof en die krag om elke oggend met opgewondenheid wakker te word: dit kan die dag wees wat God iets wonderlik doen!

Vandag se Gedagte

Selfs wanneer jy op die Here wag, wees aktief. Bid aktief, bestudeer die Woord aktief, en glo aktief dat God werk, selfs wanneer jy dit nie kan sien nie.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Habakuk 2:3; Psalm 39:7

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Stiltetye met God

Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor di...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid