Leesplan inligting

Stiltetye met GodVoorbeeld

Stiltetye met God

DAG 6 VAN 14




God se Perfekte Tydsberekening

Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. (Romeine 5:3-4)

God het ‘n ontsaglike plan vir elkeen van ons se lewens en Hy wil ons baie seën. Hy mag dalk egter nie ons omstandighede verder as die vlak van ons geestelike volwassenheid seën nie.

Ek het byvoorbeeld jare lank gebid dat my bediening moet groei. As God my alles gegee het wat ek wou hê voordat ek geestelik volwasse genoeg was, sou dit my seergemaak het want ek sou nie die goddelike karakter en die krag gehad het om dit te kon hanteer nie. Dit klink dalk vreemd, maar nou is ek dankbaar vir die moeilike tye toe ek op God se tydsberekening moes wag, want dit het gehelp om my te bring waar ek vandag is.

Wanneer jy voel dat dinge nie gebeur soos jy wil hê nie, moedig ek jou aan om God se perfekte tydsberekening te vertrou. Hy weet wat jy kan hanteer en Hy het altyd jou heel beste belange in gedagte.

Vandag se Gedagte

God berei jou voor vir die plan wat Hy vir jou het.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Jesaja 30:18; Prediker 3:11

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Stiltetye met God

Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor di...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid