Leesplan inligting

Stiltetye met GodVoorbeeld

Stiltetye met God

DAG 3 VAN 14




Dit Gaan ‘n Goeie Dag wees!

Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees. (Psalm 118:24).

Het jy al ooit gesê, ‘’Wel, ek het ‘n slegte dag’’? Die meeste van ons het. Die probleem met slegte dae is dat dit geneig is om op te hoop. ‘n Slegte dag word ‘n slegte week. ‘n Slegte week word ‘n slegte maand. Voor jy weet, kan ‘n slegte maand ‘n slegte jaar word.

Jy hoef nie as ‘n gyselaar deur die lewe te gaan as gevolg van jou omstandighede nie. Dit maak nie saak wat om jou gebeur nie, as jy Jesus Christus as jou Verlosser aangeneem het, het jy die Gees van God binne in jou. Jou hoop en geluk is nie afhanklik van die wêreld nie. Die Bybel verklaar, ‘’Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon.’’ (1 Johannes 4:4). Sonskyn of reën, goeie verslag of sleg, omring deur vriende of alleen, jy kan elke dag van hierdie lewe wat God jou gegee het, geniet.

Hy is te alle tye by jou. Staan gereeld stil deur die dag en sê, ‘’God is met my!’’

Vandag se Gedagte

God wil hê jy moet jou lewe elke dag geniet, nie net af en toe nie. Elke dag kan ‘n wonderlike dag wees, want God is aan jou kant.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Johannes 15:11; Job 8:21.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Stiltetye met God

Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor di...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid