Leesplan inligting

Stiltetye met GodVoorbeeld

Stiltetye met God

DAG 8 VAN 14




Onvoorwaardelike Liefde

Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is! (Efesiërs 2:4-4)

Een van die mooiste dinge wat die Bybel vir ons sê is dat Christus vir ons gesterf het terwyl ons nog sondaars was (sien Romeine 5:8). Hy het nie vir ons gewag om Sy liefde te verdien nie. Hy het ons onvoorwaardelik lief.

Vanweë Sy groot, wonderlike onvoorwaardelike liefde het God Sy liefde vir ons vrylik uitgestort. Dit is revolusionêre liefde – ware, onverstaanbare liefde wat homself weggee omdat dit homself nie kan bevredig deur iets minder te doen nie.

Moet dit nooit vergeet nie, dit is God se onvoorwaardelike liefde wat ons na Hom toe trek, Sy wonderlike genade wat ons sondes skoon was en Sy kragtige opoffering wat dit vir ons moontlik maak om ‘n verhouding met Hom aan te gaan. Spandeer tyd vandag in God se teenwoordigheid bloot om na te dink oor hoe lief Hy jou het!

Vandag se Gedagte

God se liefde vir jou is nou beskikbaar en al wat jy hoef te doen is om dit te ontvang.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Johannes 3:16; Efesiërs 3:17-19.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Stiltetye met God

Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor di...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid