Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 6 VAN 15

JESUS VIR DIE "ONGELOWIGES"


Dis die vinnigste groeiende "geloofsgroep" in Amerika — die ongelowige individue. In 2012 het ongeveer 20% van alle Amerikaners hulself geïdentifiseer as mense wat geen belangstelling in of verwantskap aan 'n geloof het nie. Net in Amerika is dit al 'n baie groot groep mense — baie meer as jy daaroor dink in terme van die hele wêreld. Hoe kan ons dus geloofsgesprekke aan die gang sit met hierdie spesifieke groep mense? 


Begin met 'n eenvoudige vraag: Vertel my oor die God waarin jy nie glo nie — ek glo dalk ook nie in Hom nie! Wat bedoel ek daarmee? Wel, as jy God met baie ongelowige mense gaan sit en bespreek, sal jy ontdek dat hulle siening van God heeltemal die teenoorgestelde is van wat die Skrif ons leer. Heel dikwels stem ek saam met die skeptikus, die agnostikus, selfs die ateïs, want die God wat hulle nie glo bestaan nie, is ook die een waarin ek nie glo nie. Hulle siening van God het dikwels so verwronge geraak dat die God wat hulle beskryf nie naastenby die God is wat Christene leer ken het deur die persoon van Jesus Christus nie. Dis presies waar die beginpunt is — dis die begin van 'n geestelike gesprek. 


Dit maak nie saak met wie ons gesels nie, hetsy Moslem, Boeddhis of ateïs, alle geestelike gesprekke begin deurdat jy mense aanvaar waar hulle is, selfs al is hulle waardes, geloof of lewenswyse baie anders as joune. Dis Paulus se hele punt. Hy sê: "Ek ignoreer nie Christus se wet nie. Ek gaan nie 'n kompromie aan wat die evangelie of my morele waardes betref nie, maar ek soek WEL 'n wedersydse belang" (my vrye vertaling). Wanneer vrae uiteindelik gevra word oor hoekom ons lewe soos ons leef, kan ons na Jesus toe wys. 


Jesus het tog al die gerief van die hemel opsygesit om tussen ons te kom woon en te sterf sodat ons gered kan word. Ons kan dan seker ons eie belange opsy skuif ter wille daarvan om 'n "ONGELOWIGE" in Christus se rigting te lei. Sal jy dit doen?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid