Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 5 VAN 15

'N STORIE WAT DIE MOEITE WERD IS OM TE VERTEL


Ons almal is storievertellers. Vir Christene is die belangrikste verhaal die een van hoe ons Jesus ontmoet het. Hoekom? Want dis HIERDIE verhaal wat God se ongelooflike liefde en genade toon. Dis HIERDIE verhaal wat eer aan God bring en ander mense na Hom toe lei. Dis HIERDIE verhaal wat ander mense uitnooi om dieselfde vryheid en vergifnis te ervaar wat ons deur Jesus leer ken het. Maar hoe moet ons begin? Hoe breek ons deur die oppervlakkige, alledaagse praatjies om by iets betekenisvol uit te kom — iets dieper, soos die lewe, geloof en God? 


Die apostel Paulus vertel sy verhaal in Handeling 22:1-16. Lees dit rustig deur. Dis nou vir jou 'n lewensverandering: van godsdienstige terroris tot een van die mees bekende sendelinge. Paulus het oral waar hy gegaan het sy verhaal met vrymoedigheid gedeel. Die gevolg was dat lewens verander het. Wat van ons wat nie sulke dramatiese verhale van geloof het nie? Kan ons verhale regtig ander mense aanraak? Beslis! 



  • Skryf jou verhaal neer. Kyk of jy dit in 100 woorde kan doen. Sluit die volgende in: Jou lewe VOOR Jesus, jou ONTMOETING met Jesus en die lewe NA Jesus. 

  • Vra iemand anders wat sy verhaal is. Het jy al ooit opgelet hoe gewillig mense is om oor hulself te praat? Vra 'n vriend of kollega uit oor hulle verhaal. Ruim tyd in om iemand anders op 'n dieper vlak te leer ken. 

  • Vra of jy jou verhaal kan vertel. Jy kan byvoorbeeld sê: "Kan ek my verhaal vir jou vertel?" Die mooiste ding omtrent jou verhaal is dat niemand met jou daaroor kan stry nie. Dis jou belewenis en jou lewensverandering — jy is die wêreld se gesaghebbende oor jou eie verhaal. Jy kan dit dus in vrymoedigheid met ander deel!


Moenie 'n geleentheid laat verbygaan om jou verhaal hierdie week met iemand te deel nie. Dit sal dalk nie meer as 'n minuut neem nie en jy weet nie watter gesprek dit miskien kan uitlok nie. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid