Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 4 VAN 15

WANNEER GOD VIR JOU SÊ OM TE WAG


Die apostel Paulus het 'n radikale lewensverandering ondergaan. Paulus, wat destyds as Saulus bekend gestaan het, was daarop uit om die volgelinge van Jesus te vernietig. Hy was op pad na Damaskus in Sirië, toe Jesus sy planne onderbreek het. Jesus verskyn in 'n verblindende lig en vra vir Paulus hoekom hy Hom vervolg. Dit was 'n vreemde vraag, want Jesus was in die hemel, maar Jesus het verwys na die vervolging van sy volgelinge en dié van die kerk. Vir drie dae was Paulus verblind en het met alles wat hy ooit voorheen geken en geglo het geworstel, totdat God vir Ananias gestuur het wat Paulus as nuwe volgeling van Jesus Christus sou doop. 


Ons sien dat Paulus onmiddellik in Damaskus begin getuig het van sy verstommende lewensverandering. As skrywer van grootste gedeelte van die Nuwe Testament en een van die bekendste sendelinge wat ooit geleef het, neem die meeste Christene aan dat Paulus baie gou na sy Damaskus belewenis die beroemde leraar en kerkleier geword het waarvan ons vandag lees. Dit is egter nie die geval nie. In der waarheid het Paulus, nadat hy 'n volgeling van Jesus geword het, nie net drie jaar in die woestyn deurgebring nie, maar vir nog 14 jaar as onbekende in sy tuisdorp Tarsus gewoon. 


Wat beteken dit alles? Wel, net soos baie bekende leiers in die Bybel, het Paulus deur 'n tyd van wag, worsteling en onsekerheid gegaan. Dink maar aan Moses, Elia en selfs Jesus, wat almal tyd in die woestyn deurgebring het voordat hulle met hul nuwe roeping begin het. 


Gaan jy deur 'n lang wagtydperk? Dalk voel dit of jou huidige verhouding of loopbaan deur sy eie persoonlike woestyn gaan — 'n moeilike tyd, vol onsekerhede. 'n Mens raak so gou mismoedig en wil net moed verloor. Hou moed, jy is nie die enigste een nie. Nie een van die invloedryke kerkleiers van wie ons vandag lees, het oornag invloedryk geword nie. Vertrou op God se tydsberekening en plan, al sê Hy jy moet "wag".


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid