Die Bybel in 2 jaar Kronologies (Jaar 1)

Die Bybel in 2 jaar Kronologies (Jaar 1)

365 Dae

’n Kronologiese Bybelleesplan oor twee jaar neem jou op ’n rustige, maar diepgaande reis deur God se verhaal – soos dit waarskynlik histories ontvou het. Jy lees nie net boeke in volgorde nie, maar volg die gebeure soos dit werklik plaasgevind het, wat die groter prentjie helder en lewendig maak. Psalms word ingeweef in die vertellings, sodat jy die emosie, gebede en lofliedere van God se mense beleef juis waar hulle in die geskiedenis pas. Hierdie leesroete maak die Bybel meer verstaanbaar, meer persoonlik en meer betekenisvol. Begin vandag, ontdek nuut, en laat die Woord jou hart vorm.

Ons wil graag Evangelies Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.egkerkptaoos.co.za