Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 23 VAN 25

Het jy geweet dat Kersfees oor geskenke gaan?! Wag nou ... voor die self-regverdigende Scrooge van jou persoonlikheid kop uitsteek ... dink net eers 'n bietjie daaroor.



Elke vreugdevolle dag van hierdie wonderbare seisoen ... elke koekie wat met liefde gebak word ... elke Kersfeeskaartjie wat gepos word, is 'n geskenk. Die bedoeling van die hart is om vir iemand, wat 'n deel van jou lewe is, 'n geskenk te gee. Partykeer is die geskenk 'n opoffering ... en ander kere is dit 'n nodige oorlas.



Vir party mense koop jy 'n geskenk omdat hulle dit verwag. Vir ander mense koop jy weer geskenke omdat jy graag wil. Baie mense koop geskenke omdat dit tradisie is of omdat die familie dit afdwing, maar meestal doen ons dit uit liefde. Ons gee omdat ons omgee en dit graag wil wys.



Die hemel het aan almal die grootste Geskenk ooit gegee. Die Bybel sê: “'n Kind is vir ons gebore!” Stel jou die wonderwerk van die geskenk voor ... dink daaroor na. God het sy Seun as geskenk vir jou gegee!



Tydens die eerste Kersfees, omtrent 2000 jaar gelede, het alles oor geskenke gegaan! Daar het 'n Geskenk uit die hemel gekom met jou naam daarop ... met liefde, van God! Dit was nie toegedraai in duur rooi papier en met 'n strikkie van goud versier nie, maar dit was 'n geskenk wat persoonlik vir jou uitgekies is.



Dit was 'n geskenk waarsonder jy nie kan leef nie. God het geweet dat hierdie spesifieke Geskenk jou lewe vir altyd sou verander.



Die geskenk was 'n Baba in 'n krip. Die Bybel sê: "God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy Seun gegee het ... sy enigste Seun!" As jy iemand liefhet, is jy genoodsaak om te gee! God het jou oorvloedig lief en daarom het Hy vir jou iets gegee wat jy graag wou hê; onvoorwaardelike liefde en 'n nimmereindigende lied in jou hart.



Gaan jy hierdie jaar jou hemelse geskenk vat? Die geskenk is alreeds gegee en jy moet dit net in ontvangs neem. Dit is die geskenk wat 'n pa vir sy kind gee. Dit is 'n geskenk wat waarborg dat die vreugde van die hemel, in al jou omstandighede sal wees, en dat jy in die hemel toegelaat sal word.
Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid