Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 21 VAN 25

Die wyse manne het op hulle knieë neergeval en Jesus aanbid. Dit was opregte aanbidding en nie lippetaal soos dié van Koning Herodus nie. Koning Herodus het gesê dat hy ook die Koning van die Jode wou aanbid, maar dit was net lippetaal en sy bedoeling was nie opreg nie. Hy het van aanbidding gepraat terwyl hy moordgedagtes gehad het.



Hierdie geleerde en gerespekteerde wyse manne het sover as ongeveer 1300 km gereis om die Koning te vind wat gebore is. Hulle het op hulle knieë neergeval in sy teenwoordigheid. Jesus was 'n baba van nie ouer as 2 jaar nie, en tog het hulle neergeval en hom aanbid.



Terwyl Jesus babataal gepraat het wat net sy ma kon verstaan, het hierdie manne, wat raaisels ontsyfer het, in sy teenwoordigheid neergeval.



Ware aanbidding vereis 'n verandering in jou posisie en belangrikheid. Vir hierdie manne het tradisie of liturgie nie saak gemaak toe hulle in die teenwoordigheid van die heilige Kind gekom het nie. Hulle het net geweet dat Hy aanbid moes word en het voor sy babavoetjies neergeval en Hom opreg geprys. Sal jy hierdie Kersfees neerval in die teenwoordigheid van Jesus?



Ware aanbidding sluit altyd vreugde in. Die wyse manne se akademiese wêreld is geskud deur die vreugde wat hulle in Jesus Christus se teenwoordigheid gevind het. Hulle het hulle akademiese klere verruil vir feesklere. Sal jy toelaat dat jou menslike emosies plek maak vir die vreugde wat sy teenwoordigheid bring?



Ware aanbidding behels altyd die weggee van iets waardevols. Die Wyse Manne het skatte gebring vir die jong Koning en Sy nederige gesin. Wat sal jy hierdie Kersfees vir Jesus bring wat waardevol is?



Aanbidding is die ontmoetingsplek van God en die mensdom. Dit is die oomblik wanneer die mensdom neerval van vreugde.



Ons aandag word met Kersfees afgelei deur die "magiese" van Kersfees en ons kyk verby die wonderwerk wat gebeur het. Dit is 'n persoonlike keuse om die wonderwerk van Kersfees te ervaar. Gaan jy uitsien na die vakansietyd, geskenke en familie? Of gaan jy die wonderwerk van Kersfees raaksien?
Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid