Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 11 VAN 25

Elisabet was al vir ses maande in vervoering oor haar wonderwerk-swangerskap, toe Maria by haar huis opdaag. Maria, die jong vrou wat gekies is om geboorte te gee aan die Verlosser van die wêreld, was gretig om haar ouer en wyser familielid, Elisabet te besoek en te vertel wat met haar aan die gebeur was.



Toe Maria in Sagaria en Elisabet se huis kom, het die babatjie in Elisabet van vreugde geskop! Die ongebore Johannes het van vreugde rondbeweeg met die gewaarwording dat hy in die teenwoordigheid van Jesus die Messias was.



Hy was nog in sy ma se baarmoeder en kon Jesus nie sien nie, maar het geweet dat hy in die Here se teenwoordigheid was. 'n Mens kan nie anders as om bly te wees in die Here se teenwoordigheid nie! Elisabet het aan Maria verduidelik dat dit nie maar net 'n geringe beweging was nie, maar 'n behoorlike skop! Johannes was uitbundig van vreugde in Jesus se teenwoordigheid!



Die gees van Johannes het op die Gees van Jesus Christus gereageer, daar waar altyd 'n oorvloed van vreugde is.



Dit was heel moontlik dat hierdie neefs bymekaar se huise sou speel en kuier. Ek wonder of Johannes op en af gespring het elke keer as Jesus in die vertrek gekom het!



Sy ma, die statige Elisabet, wat in die huis van 'n priester grootgeword het en met 'n priester getroud was, het dalk gesê: "Johannes, liefkind, hou op met spring! Seun, jy is so opgewonde."



"Maar moeder, ek kan dit nie help nie! Elke keer as ek by Jesus is begin my bene van vreugde te spring!”



Wanneer Jesus in ons wêreld, ons lewens en in ons huise inkom, behoort ons ook met uitbundige vreugde te reageer. Ons harte behoort 'n Johannes-bokspring te doen!



Dit is net in sy teenwoordigheid wat jy ooit vreugde sal ervaar. Om jou kinders by die huis te hê vir Kersfees, om 'n oorvloed geskenke te ontvang, om jou huis vir Kersfees te versier of om koningskos te eet … hierdie dinge sal nie jou hart met vreugde vul nie. Maak hierdie Kersfees plek vir sy teenwoordigheid. Bring tyd saam met vriende en familie deur en sing geliefde Kersliedere; lees saam uit die Bybel van Jesus se geboorte.



Kersfees gee aan ons die versekering dat ons hemelse vreugde kan ervaar terwyl ons nog op aarde leef!
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid