Leesplan inligting

Onverskrokke GebedeVoorbeeld

Wild Prayers

DAG 11 VAN 14

DIE BELANGRIKSTE BESTANDDELE VAN ONVERSKROKKE GEBEDE


In 'n gesprek met enige gebedsstryder, sal ons tot die besef kom dat die sleutel om 'n leefstyl van onverskrokke en diepe gemeenskap met God te bou – is "om koersvas te bly." 'n Koersvaste gemeenskap met die Vader is 'n onverskrokke gewoonte wat ons lewens vandag nodig het. Hier is 'n paar wenke om 'n volhoubare gebedslewe te ontwikkel:


  • Maak gebed jou prioriteit

Kom ons kyk na die lewe van Daniël. Daniël was in een van die mees invloedrykste posisies van sy dag. Hy het hoë werksdruk gehad, het met konings te doen gekry, en die hele volk was onder sy beheer. Asof dit nie genoeg was nie, was daar mense wat komplotte teen hom gesmee het. Tog, te midde van al hierdie verantwoordelikhede, het Daniël 'n prioriteit van sy gebedslewe gemaak. Daniël se lewe leer ons dat 'n koersvaste gebedslewe, 'n spesifieke tyd, 'n spesifieke plek en 'n spesifieke roetine vereis. Sy koersvaste gebedslewe was die wapen wat hy in die aangesig van die lewe se uitdagings aangewend het. Mense wat 'n besige lewe het, plaas God boaan hul voorkeurskaal.


  • Bly by 'n rooster:

Handelinge 3:1 sê: “Een middag om drie-uur, die tyd van die gebed, was Petrus en Johannes op pad tempel toe.” Om 'n "uur van gebed" te hê, sal ons help om 'n koersvaste gebedslewe te ontwikkel. Dit is belangrik om 'n spesifieke tyd van die dag vir gebed af te sonder en vasberade daarby te hou. Dit is raadsaam om 'n realistiese tyd te kies wanneer ons minder geneig is om afleidings te hê sodat ons kwaliteittyd aan gebed kan wy.


  • Kies 'n gebedsmaat wat jou verantwoordbaar hou

'n Gebedsmaat kan die beste bondgenoot wees wat ons kan hê om 'n sterk gebedslewe te bou. Om elke week saam koffie te drink om oor mekaar se gebedslewe te gesels, of om mekaar te bel of teksboodskappe te stuur om jul gebedsroosters te bespreek, kan baie help om 'n koersvaste gebedslewe te bou.


  • Gebruik onthounotas:

Wanneer ons 'n nuwe gewoonte bou, moet ons onsself gereeld daaraan herinner. Ons moet aanmanings oral in ons huise en werkruimtes plaas sodat ons omgewing ons aanspoor om te bid. Ons sal dalk af en toe van koers af gaan. Ons gaan almal deur tydperke waar ons gebedslewe laer op ons prioriteitslys sak. Laat ons egter nie in daardie gevalle moedeloos raak nie, maar hou daarmee aan! Suksesvolle mense doen gereeld wat ander net af en toe doen.


Nadenke:


1. Wanneer kan jy jou stiltetyd met God skeduleer?


2. Wat is daar wat jou aandag moontlik kan aflei en jou verhinder om kwaliteit tyd met God deur te bring, en hoe kan jy dit hanteer?


3. Maak 'n lys van gebedspunte wat jy in jou stiltetyd voor God kan hou.


Gesels 'n bietjie met God oor alles wat jy neergeskryf het.


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Wild Prayers

Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur...

More

Baie dankie aan Reenukumar wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://instagram.com/reenukumar

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid