Leesplan inligting

Onverskrokke GebedeVoorbeeld

Wild Prayers

DAG 12 VAN 14

BID DEUR ALLE TYDPERKE


Jy wonder seker of jy reg gelees het. Wel, dit is net 'n ander formulering van die Sondagskool geheuevers: "Bid gedurig." Ons beleef baie tydperke in ons lewens; ons word gemaan om net so ernstig gedurende die tydperke van swaarkry te bid as gedurende ons goeie tydperke. Om sonder ophou te bid is 'n leefstyl waarin ons altyd bewus is van die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Gebed gaan verder as om net met God te praat – tot om letterlik met God te wandel. Dit gaan verder as om net 'n tyd te kies om met "God te praat". Dit strek tot 'n verhouding met God as jou altyd-beskikbare metgesel. Jy kan eenvoudig "Help my Here" sê terwyl jy na 'n voorlegging stap, of "Dankie" vir Hom fluister wanneer jou kollega jou 'n pluimpie vir 'n goeie toespraak gee. Dit gaan daaroor om Hom deur die dag by al jou aktiwiteite betrokke te maak. Dit moet bykomend wees tot jou daaglikse stiltetyd met God.


Jakobus 5:13 som dit pragtig op: “As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing.”


  • Bid wanneer dinge sleg gaan:

Jakobus se raad aan Christene wat swaarkry, is "om te bid". Ons word versoek om nie angstig, bitter of moedeloos te word in die aangesig van beproewings nie. Ons kla dikwels, raak negatief of verloor moed. Ons word egter vermaan om nie tydelike oplossings vir aaneenlopende probleme te soek nie. Jakobus moedig ons aan om te midde van moeilike tye te bid, want die daad van gebed is net so noodsaaklik as die antwoord op die gebed. Waar die antwoord op gebed ons probleem oplos, is dit die daad van gebed wat ons herskep.


  • Dank God wanneer dinge goed gaan:

Jakobus se opdrag aan die wat opgeruimd is: "hy moet lofliedere sing." Hierdie vers verskuif nie die onderwerp van gebed na sang toe nie. Sang is ook 'n daad van aanbidding. Efesiërs 5:19 kenmerk 'n Geesvervulde Christen as “sing onder mekaar psalms, lofsange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here.” Dit is belangrik om 'n kiewiet in die lente van ons lewens te wees.


Om in alle tydperke te bid en om sonder ophou te bid, is om ons afhanklikheid van God bekend te maak in elke situasie wat ons in die gesig staar.


Nadenke:


1. Hoe dikwels voer jy ongeskeduleerde gesprekke met God?


2. Kry jou gebedslewe 'n knou wanneer dit moeilik raak?


3. Wanneer laas het jy God gedank vir die seëninge wat Hy in jou lewe gee?


Gesels 'n bietjie met God oor alles wat jy neergeskryf het.


Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Wild Prayers

Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur...

More

Baie dankie aan Reenukumar wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://instagram.com/reenukumar

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid