Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 3 VAN 17

Hoekom glo ons dit nie? Hoekom is dit so moeilik? Elkeen van ons het die neiging om te leef met hierdie idee: Ek is aangewese op myself. Elkeen vn ons het die neiging om onafhanklik te wil wees en sonder God te leef. Almal van ons was al op daardie plek: ”As ek terugkyk dan voel ek dit was die Here – Hy was daar, maar ek voel dit nie nou nie. Ek weet Hy is lief vir my, maar sjoe, ek weet nie of Hy dié keer gaan deurkom nie.”

Hoekom is dit dat ons die klein goedjies onthou en die groot goed vergeet? Die dinge wat goed en lieflik en loflik is wat met ons gebeur, onthou ons net vir ‘n kort rukkie. Maar die wrede, lelike dinge bly ons by. Iemand sê vir jou iets sleg – iets oor jou voorkoms of jou intelligensie – iemand het vir jou as kind gesê jy gaan nooit iewers in die lewe kom nie. Jy kan dit nie vergeet nie. Dit is onmiddellik in jou. Dit gryp jou aan, dis sentraal in jou bewussyn. En tog weeg dit swaarder as honderde komplimente wat mense al vir jou gegee het. Hoekom moet iemand 100 keer vir jou sê jy is wonderlik voor jy dit glo, maar net een keer sê hulle vir jou jy is pateties en dan glo jy dit?

Daar kom oomblikke wanneer die lewe uitmekaar val, wanneer dinge gebeur wat ons nie wil hê moet gebeur nie, wanneer ons nie die nuus kry waarna ons smag nie ... waarom vergeet ons in daardie oomblikke dat God ons voorsiener, ons anker en ons redder is?

Hoekom gebeur dit? Omdat daar iets fout is met ons innerlike. Dit is ons elkeen se sondige natuur, ons sondige neiging om sonder God deur die lewe te probeer gaan. En ons moet dit erken. Ons moet dit bely.

Gebed: "Here, dinge werk nie uit nie en ek neig om dit self te wil hanteer. Maar, al werk die lewe nie uit soos ek dit wil hê nie, al kan ek nie verstaan ​​wat in my en om my gebeur nie, gaan ek vertrou dat U goed is. Ek gaan vertrou dat U altyd goeie planne vir my lewe het. Here, ek gaan U vertrou.”

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid