Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 17 VAN 17

Asaf weier om van nou af sy lewe se omstandighede te gebruik om God te meet. Die fout wat baie mense maak, is om te dink: my lewe is sleg, God is sleg. Dis nie waar nie. Dis glad nie waar nie. Dis ʼn leuen uit die doderyk van die hel. God is wie God is. Al is die lewe moeilik, is God by my. Al is die lewe moeilik, hoor weer, is God by my.

En dit is die geheim. Dit is die plek waar woede begin afskeid neem. Die ontdekking dat God die spasie vul, want onthou, woede is ʼn geloofsdief, dis ʼn vryheidsdief, dis ʼn hartedief op die verkeerde manier. Woede steel al die vreugde, al die hoop, al die mooiheid, al die skoonheid uit jou lewe uit, en uiteindelik beroof dit jou van God en van jou geloof. En nou kom God. Hy was eintlik nog altyd daar, maar wanneer Asaf dit ontdek, bring God hierdie diep vrede en rus. En hierdie deep kalmte, hierdie wete, dat die hand van die Almagtige hom aangeraak het.

Asaf sê nie sy probleme het sommer maar net verdamp nie. Dis nie asof hy nou sê: “Daar is al my vyande by die agterdeur uit” nie. Hy het ʼn nuwe ontdekking van God. Dis waarvoor die Here ons eintlik oprig – om dit te belewe. Maar hy ontdek nog iets – hy ontdek dit is goed om woede-vry te en naby aan God te wees.

Hoor net hoe skryf hy dit in die laaste vers van hierdie aangrypende Psalm: “Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel.” Wat ʼn lewensverandering! ʼn Woedende man begin ʼn Psalm en ʼn gekalmeerde, rustige man eindig die Psalm. En hy maak sy hart oop. Hy trek sy hart oop en sê: “Ouens, ek moet my geheim met julle deel: ek het my woede op God uitgehaal en in die lewe toegelaat, maar toe het ek by God se voete rus gevind. By sy altare het ek sy nabyheid belewe. In sy nabyheid was daar rus. En nou is daar iets goed vir my. Dit is vir my goed om naby God te wees. O, God is altyd naby my. Nou is dit vir my goed om naby aan die goeie God te wees.

Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid