Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 4 VAN 17

Kom op ‘n reis om jou lewe te herörienteer deur te onthou. Onthou wie God is en wat God doen. Dawid vra vir iets veel dieper as verstandelike herroeping. Hy vra meer as net, tel jou seëninge. Hy sê, gaan op die reis om jou bewussyn te heroriënteer deur te onthou. Om te onthou beteken jy hervorm jou lewe sodat Jesus die middelpunt is, en jy leef met ‘n bewussyn van wie Hy is en wat Hy met jou lewe doen. Dit vat jou na ‘n totaal ander plek toe. Dit vat jou na ‘n plek waar jy die hele lewe saam met God kan leef.

Dit vra ‘n verbintenis tot ‘n lewenslange reis om te onthou – om met ‘n bewussyn te leef van wat God doen. As jy die Ou Testament lees, sien jy dat die kinders van Israel tyd neem om stil te staan en hul geskiedenis te onthou en te besin, om te sien waar God in hul lewens aan die werk was.

'n Joodse filosoof, Abraham Heschel, het gesê jy kan die hele Ou Testament in een woord opsom. Dis die woord onthou.

Weer en weer en weer sou God vir die volk van Israel sê: "Neem tyd om te onthou. Neem tyd om oor jou geskiedenis na te dink. Neem tyd om te sien waar Ek in jou lewe aan die werk was."

So, dit is hierdie week se uitnodiging. Gaan op ‘n reis waar Jesus die middelpunt is. Begin om met ‘n nuwe bewussyn te leef en te onthou. En die eerste tree kan dalk bloot wees om met jou pyn na die Here toe te gaan. Raak ontslae van die weerstand in jou. Of dalk is dit om na jou verlede te kyk en ‘n altaar te bou van alles wat God vir jou gedoen het – vergeet geeneen van sy weldade nie.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid