Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 6 VAN 17

Kom ons kyk na ‘n paar frases van hierdie Psalm:

“Vergeet geeneen van sy weldade nie,” sê Dawid.

Dink 'n bietjie op ʼn ander manier daaroor. Dink terug aan wat jy omtrent moralitieit in die lewe geleer het, oor wat goed en sleg is. Jy het een of ander tyd uitgevind, om sekere dinge te doen is nie goed nie — nie vir myself nie en ook nie vir die mense om my nie. Jy het iets geleer. Daardie dinge in die lewe is sonde.

“Wat al my kwale en siektes genees.” Dink daaroor na. Hoeveel keer was jy al siek? Jy is genees en jy is tot so ʼn mate genees dat jy nou hier kan wees. Daar gaan tye kom wat jy nie genees gaan word nie, maar tot nou toe, is die wonder daarvan dat jou liggaam genees, dat jy medisyne kan ontvang, dat daar kundigheid is wat jou pad langs kom, en dit alles kom van God af om jou te help om te genees.

“Hy verlos my van die verderf, van die dood.” Dis iets wat ʼn mens maklik vergeet. Ek het so vier naby-doodse ondervindinge al in my lewe gehad, wat so hitte-te was of dit kon anderkant toe gegaan het. Maar ek is hier en as daardie finale oomblik kom, is dit ook nie die einde nie. Dan verlos Hy my ook van daardie dood.

“Hy kroon my met barmhartigheid en met genade en liefde.” Dink aan die liefde in jou lewe. Die geliefdes – voel vir ʼn oomblik die warmte, die toegeneentheid, die aanvaarding, die daar-wees van ander mense in jou lewe. Ek is so dankbaar daarvoor.

“Hy versadig my siel.” Die rustigheid wat dikwels aan my gegee word. Hy versadig my siel en maak my weer nuut.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid