Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 5 VAN 17

Ek het ʼn ruk gelede saam met ʼn groep leraars bymekaargekom en ons het gereflekteer oor die verlede waardeur ons is, waar ons nou is en ons probeer oriënteer vir die toekoms. En in ons gesprek oor die verlede, het ons begin praat oor die verliese wat ons gely het. Ek was verbaas oor die groot verskeidenheid verliese wat daar was. Daar was dié wat gesê het, die verlies aan normaliteit, die verlies aan wat sou wees, wat besig is om te gebeur, wat nooit gebeur het nie, die verlies aan viering. Iemand het gesê dis 40 jaar wat ek op hierdie aarde is, en ek het iets groots beplan. Dit kan nie weer herhaal word nie. Mens word net een keer 40. Verlies aan lewens en vriende, verlies aan finansies.

As ons ʼn verlies ly, maak dit ons hartseer. As jy ʼn idee en ʼn gevoel het dat jy iets ontneem is en dat dit van jou weggeneem is, dan ervaar jy woede. Daar is dan altyd die onsekerheid – hoe gaan my lewe wees sonder dit wat ek gehad het? Gaan dit ooit weer betekenis kry? Gaan ek ooit weer die blydskap en die kwaliteit lewe hê? En dit is ʼn gevoel van vrees. Dis ʼn versameling gevoelens wat te doen het met rou.

Ons het besef dat baie van ons glad nie die tyd gehad het om dit te hanteer nie. Die bediening en die aanvraag en die pyn wat daar was, het ons tyd in beslag geneem. Ons moes net aangaan. Ek het ook gedink dit is nie net uniek aan hulle wat in die bediening is nie, dis almal se storie. Maar dit bring mee dat ons met ʼn geweldige uitdaging sit, want deur die hartseer, die kwaad, die vrees en die ignoreer, begrawe ons dit net. As ons dit ignoreer, gaan lê dit op ander plekke en kom dit op ander maniere na vore. En dis ʼn baie ongesonde manier om dit te hanteer. Dis ʼn posisie waarin so baie van ons is. Ons is genoodsaak om met ons lewens aan te gaan.

Die wêreldgesondheidsorganisasie, van die grootste navorsingsmaatskappye in die wêreld en baie van die mediese fondse, praat van ʼn tweede pandemie wat besig is om nou na vore te kom. En dis as gevolg van die eerste fisieke pandemie waarmee ons moes te doen gekry het. Ons sit nou met ʼn geestesgesondheid uitdaging.

En die groot vraag is: Wat gaan ons daaromtrent doen? Wat kan ek doen?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid