Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 7 VAN 17

Dawid sê dat ek in elke faset van my lewe die Here kan ervaar– fisiek, emosioneel, geestelik. God is daar. Hy is in alles van my hele lewe. Dis ʼn baie belangrike gewaarwording, want iets gebeur in hierdie wêreld wat teen hierdie idee en teen hierdie gevoel gaan. As gevolg van spesialisasie, wat gekom het deur die hervorming van 500 of wat jaar terug, die opkoms van die moderne eeu en die wetenskap, het dit meegebring dat die wêreld verdeel het. Spesialisasie het daartoe bygedra dat jy in kompartemente begin leef en dink het.

Ons is verdeel. Dit bring mee dat jy ook in kompartemente dink as jy ʼn uitdaging het — na wie toe moet ek gaan? Is dit ʼn sielkundige probleem? Is dit ʼn fisieke probleem? Gaan ek na die dokter toe of gaan ek na ʼn predikant toe dat hy vir my bid?

Maar is dit hoe die lewe regtig is? Kan ons praat van bloot ʼn fisieke toestand? As jy in jou liggaam siek is, dan het dit ʼn effek op jou emosies. Jy is angstig. Jy is benoud. Die groot vraag is: as jy ʼn geestelike mens is – waar is God hierin. Wat het God hiermee te doen? Daar is eintlik nie so iets soos net ʼn fisieke belewenis nie. Dis ʼn geheel-mens belewenis.

Die lewe is groter en die lewe is net baie beter as ons meer as ʼn geheel-mens na die lewe toe gaan, want die verdeling bring mee dat die Here nie meer in sekere dele van ons lewe is nie. My finansies, my liggaam, my seksualiteit, daardie gedeeltes doen ek self. As dit nou kom by die goed wat ek nie kan doen nie, dan kom die Here in.

Hy is die Here van my lewe, van alles. Ek nooi Hom in.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid