Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 8 VAN 17

As die Bybel praat van vergeet en onthou, is dit nie ʼn blote kognitiewe funksie nie. ‘n Groot teoloog en filosoof, Abraham Herschel sê dat die hele Ou Testament opgesom kan word in een woord: onthou. Dis nie om kognitief te onthou nie. Dis om met die hart te onthou. God moet in die middel van jou bewussyn wees sodat jy eintlik niks kan doen sonder dat God daarby betrokke is en daarmee te doen het nie. Dan onthou ek die Here in alles.

Het jy al agtergekom daar is ʼn uitdaging wat jou geheue betref? Ons almal het dit. Ons onthou goed wat ons eintlik moet vergeet en ons vergeet die goed wat ons moet onthou. Het jy al ooit gesê: “Ek moet dit nooit vergeet nie, want ek moet nooit weer so 'n fout maak nie,” en dan doen jy dit weer. Hoekom? Wel, dit het nie in die middelpunt van jou bewussyn gaan lê nie. Dit het op die rand gebly en jy is so vies vir jouself dat jy dit vergeet het.

Iemand sê een slegte ding en jy kan dit nie vergeet nie. Dit steek vas in jou. Jy kry ʼn honderd goeie komplimente, maar dit doen niks aan jou nie. Dis asof jy dit nie kan aanvaar en daaraan vashou nie. Ons het ʼn probleem met ons geheue, met ons hart. Dit was Augustinus wat die eerste keer hierdie Latynse woorde gebruik het: “Incurvatos insein incuvatos” —“Curving unto oneself”. Daar is ʼn kurwe wat inloop en ʼn geneigdheid van ʼn mens om op homself in te keer en om op homself aangewese te wil wees. Ons droom is onafhanklikheid: om niemand of niks in die lewe nodig te hê nie, om self te kan besluit.

Dis die sondige natuur en dis ʼn reis, ʼn reis van geestelike groei. Die ou Bybelse woord is "heiligmaking", sodat jy al hoe meer ontslae sal kan raak van hierdie geneigdheid om te vergeet.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid