Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 1 VAN 17

Ek wonder of jy jou kan vereenselwig met die volgende? Dit is 'n lieflike dag. Die voëltjies tjirp. Die son skyn. Jy trek die kombers oor jou kop. Jou gemoedstoestand is nie besonder donker nie, maar jy ervaar min vreugde of dankbaarheid. Jy is gewoonlik vreugdevol en dankbaar. Jy weet jy ís dankbaar. Vir die feit dat jy 'n werk het, dat daar kos op die tafel is, maar jy voel dit nie in jou binneste nie. Daar is soveel pyn en verlies waarmee jy moet saamleef – jy hoor elke dag van die dood – dit voel amper asof jy afgestomp word daarvoor. Dis ontstellend, maar dis nou hoe dit is.

Jy is moeg. Selfs uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inmekaar vloei sonder hoogte- of laagtepunte. Jy is nie ongelukkig of terneergedruk nie. Als is ok, maar iets ontbreek.

Daar is sielkundiges wat in hierdie tyd waarin ons is hierdie fenomeen gediagnoseer het as ‘n sindroom — "Languishing". Die gevoel dat my lewe kwyn. Dit is nie depressie nie. Ek is nie totaal hopeloos nie. Dis vaag en ek kan nie my hand daarop sit nie.

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Na al die verliese en pyn waardeur ons is, kom ek agter dat daar twee groot dominante maniere is, in die tyd waarin ons lewe, om jou innerlike emosies en gevoelens te hanteer.

Eerstens: Jy ontken jou gevoelens. Ons vind dit baie in Christelike kringe. Dis geloof. Glo net wat die woord sê. Ignoreer jou gevoelens, jou emosies. Bly net positief. Kyk net uit na wat die beste is, en dinge gaan vir jou uitwerk. Ontken jou emosies.

Tweedens: Jy is jou emosies. Dit vind miskien meer in terapeutiese kringe plaas. Kom in kontak met jou emosies. Voel jou emosies. Gee oor aan jou emosies. So aan die een kant is daar die ontkenning, aan die ander kant is daar die verheffing van die emosies. En dis goed om dit te voel, maar baie mense kom nie daar uit nie. Baie word vasgevang in selfbejammering, angs en hopeloosheid.

Ons het gevind dat albei hierdie paaie nie noodwendig tot emosionele geestesgesondheid lei nie. In die Psalms vind ons ‘n derde alternatief. ‘n Pad waar mense vir eeue hul emosies probeer hanteer. Jy word uitgenooi na ‘n hele ander manier van omgaan met dit wat binne-in jou aan die gang is.

Met dit as agtergrond, is daar drie vrae:

  • Waar is God in ons innerlike welstand?
  • Hoekom so daarna kyk?
  • Hoe moet ons op die reis gaan?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid