Leesplan inligting

Psalms Vir Die PandemieVoorbeeld

Psalms Vir Die Pandemie

DAG 2 VAN 17

ʼn Groot, Ou Testamentikus van ons tyd, Walter Brüggemann, sê daar is psalms van oriëntasie: dit gaan goed. Daar is psalms van disoriëntasie: ek het in ʼn put geval. En dan is daar die psalms van heroriëntasie: ek doen die werk wat nodig is sodat ek uit die put uit kan kom. Vandag se psalm is ‘n psalm van oriëntasie.

Dawid oriënteer ons tot ‘n lewe saam met God. God is die groot Terapeut, Geneesheer en Sielkundige.

... Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes … Psalms 103:3

Hy het dit nie net gedoen voor daar dokters was nie – Hy doen dit nou nog. Hy genees my en neem my deur alles.

Hier is Dawid se idee van die lewe: Die lewe is ʼn reis wat jy saam met God moet onderneem. Daar is ʼn God en die eintlike lewe is om dit saam met Hom te doen. Hy is toeganklik. Hy is veilig. Hy gaan jou nie wegwys nie. Praat met Hom. Deel jou lewe met Hom. Maak ʼn konneksie met Hom. Bou ʼn verhouding met Hom.

Daar is ‘n verdeeldheid in die wêreld waarin ons leef. Die hele wêreld is gesegmenteer. Kyk na die universiteite se departemente. Daar is die departement van teologie, die departement van sielkunde, die departement van die mediese wetenskappe en ʼn departement van sosiologie. As jy dus ʼn probleem het, gaan jy na die mense toe wat jou kan help met daardie probleem. Jou lewe is opgedeel. So, wat gebeur is dat die fisiese departement vir die dokters is en die psigiese departement vir die sielkundiges. Ek het dikwels al in my lewe te doen gekry met iemand wat gesê het: “Die dokter kan nou niks meer doen nie. Ek was by die sielkundige en hy kon my nie help nie. Nou bly net die Here oor.”

Daar is ʼn groot uitnodiging vir ons – jou hele lewe is God s’n. Dit beteken nie dat dit sielkunde uitsluit nie, maar ek gaan saam met Hom op die reis. As jy dokter toe gaan, bid jy. Dis nie die een of die ander nie, dis alles. As ek 'n pil drink, bid ek. Ek vra Hom: "Seën dit, help deur middel van die kennis wat bekom is en die natuurlike middele wat ingeneem word, om die prosesse waarmee U my geskape het in my liggaam aan te wakker." Deel alles met Hom.

Die uitnodiging is daar om na God te draai en dat jy toelaat dat Hy jou help.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Psalms Vir Die Pandemie

Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inme...

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid